Monday, July 9

Bietjie verfterapie

Nog een van ons gunsteling restaurante is "Ceramic". Hier drink mens nie net tee/koffie en eet 'n bagel nie, jy verf ook 'n pottery item wat hulle dan vir jou bak.



Nelmari en Elriza kyk deur die rakke wat hulle wil verf
Dan as jy weet wat jy gaan verf, is dit tyd om op die verfkleure te besluit
Jou plekmatjie het al die kleure met hulle kodes sodat mens kan kies.

Jy kan vyf kleure kies.
Nelmari gaan 'n suikerbakkie vir my verf en hier verf sy haar eerste lyne.
Die suikerpot vorder. Op die regterkant kan julle Elriza se item sien en voor is my bakkie vir Begeera.

Elriza verf 'n teepot vir haar ma met klein fyn blommetjies en vlinders op.
Die suikerpot se kleure begin vorm aanneem.

Selfs die ou katbakkie kry kleur. Wat ek nie wys nie is die visgrate wat soos plat akkedisse lyk.

Charmaine se katbakkie wat in haar kat gemmerkat Dee se kleure geverf is.


Twee en 'n halfuur later is ons tafel deurmekaar maar alles klaar geverf. Nou moet ons 'n week wag voordat ons die produk by die winkel kan kom haal.
Dis 'n week later en hier is die vier items!

Elriza lyk heel in haar skik met die eindresultaat. Begeera en Dee geniet hulle bakkies en julle sal by my moet kom teedrink en suiker gebruik om te sien hoe oulik die potjie werk.






















4 comments:

Anonymous said...

Hey
Ek het definitief nie niks om te doen nie en ek is op pad na jou toe, maar id efotos bly interessant. Sal ook mar n potjie daar gaan verf, hier kry ek nie meer tyd om te verf nie
Liefde
Annie

Sandra said...

Sal dit op die "om-te-doen-lysie" sit. Hoop dat ons ook op 'n vroue trip kan gaan soos Gerhard ons in NZ gestuur het sodat ons met al die skindernuus kan opvang.

Anonymous said...

Ja, ja, skimp gesien. Julle kan (miskien)vir 2 dae Al Ain toe gaan. Daar is ook 'n berg en as julle mooi genoeg soek kry julle dalk sneeu.

Anonymous said...

Nou weet ek hoekom di springbokke in Bloem oefen voor hul NZ toe gaan... dit maak hul gereed vir di temperature. Iemand het di yskas hier oop gelos