Showing posts with label Ceramic. Show all posts
Showing posts with label Ceramic. Show all posts

Saturday, June 23

Kreatief is pret

So vinnig soos geboue opgaan en winkels oopmaak, so vinnig kan dit weer toemaak.  Een waaroor ons baie teleurgestel was, was die ceramic winkel waar ons lekker kon kuier, eet en iets verf. So toe daar besluit moes word op 'n kombuistee vir een van ons jongmense wat binnekort trou, was dit baie maklik.  Buurdorp toe om iets persoonliks vir haar van ons elkeen te gaan verf. 
Page1
Eers word daar ernstig besluit oor wat elkeen wil verf as 'n geskenk. 

Page3

Dan word daar beplan aan die ontwerp en in watter kleure dit geverf moet word.

Page4

Met al die beplanning agter die rug word daar met groot erns geverf en die tafel raak doodstil.  Nogal 'n prestasie vir 'n klomp vroue :-). 

DSC_0063

Ons saam met die toekomstige bruid ... wat lekker verras was. 
Page5

Die verf werk is ampertjies klaar.
Page8

Van die geskenkies was Nelmari se koffiebeker met die klavier op die handvatsel vir die musiek-juffrou, 'n opdienbord, teepot, sout-en-peperstel en opskepbak. 
DSC_0094

Ons is nie seker hoe alles gaan lyk as dit klaar gebak is nie, maar ons het lekker gekuier en hoop dat wanneer Jana dit gebruik sy sal onthou van die lekker kuier terwyl ons dit spesiaal vir hulle gemaak het. 



Monday, July 9

Bietjie verfterapie

Nog een van ons gunsteling restaurante is "Ceramic". Hier drink mens nie net tee/koffie en eet 'n bagel nie, jy verf ook 'n pottery item wat hulle dan vir jou bak.



Nelmari en Elriza kyk deur die rakke wat hulle wil verf
Dan as jy weet wat jy gaan verf, is dit tyd om op die verfkleure te besluit
Jou plekmatjie het al die kleure met hulle kodes sodat mens kan kies.

Jy kan vyf kleure kies.
Nelmari gaan 'n suikerbakkie vir my verf en hier verf sy haar eerste lyne.
Die suikerpot vorder. Op die regterkant kan julle Elriza se item sien en voor is my bakkie vir Begeera.

Elriza verf 'n teepot vir haar ma met klein fyn blommetjies en vlinders op.
Die suikerpot se kleure begin vorm aanneem.

Selfs die ou katbakkie kry kleur. Wat ek nie wys nie is die visgrate wat soos plat akkedisse lyk.

Charmaine se katbakkie wat in haar kat gemmerkat Dee se kleure geverf is.


Twee en 'n halfuur later is ons tafel deurmekaar maar alles klaar geverf. Nou moet ons 'n week wag voordat ons die produk by die winkel kan kom haal.
Dis 'n week later en hier is die vier items!

Elriza lyk heel in haar skik met die eindresultaat. Begeera en Dee geniet hulle bakkies en julle sal by my moet kom teedrink en suiker gebruik om te sien hoe oulik die potjie werk.