Wednesday, May 30

Uit Bloemfontein

Hierdie laat beriggie van "James Muis" uit Bloemfontein :-



Wel in die meeste plekke in Suid-Afrika geniet die mense die koue weer en die sneeu wat daarmee te paart gaan. Die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Natal het al sneeu gekry en dit raak blykbaar net kouer. Maar soos ons nou al weet is als in Bloemfontein 'n "let down". Ons het niks sneeu hier nie - dis net FLIPPEN KOUD!!!



Het vandag opgestaan om toets te skryf en moes 7 uur by die lokaal wees. Het besluit om liewers "te" warm as "te" koud te wees en vele lae serpe, musse, truie, baadjies en goed aangehad. Gelukkig was dit die moeite werd om want die toets het goed gegaan en ek het oppad terug nie eers die koue gevoel nie. En dit was die laaste toets voor die eksamens.

Met die temperatuur as 11 maksimum vandag en minimum van -7 was die meeste half-slim mense by die huis. More lyk dit nie beter met 'n verwagte temperatuur van -5 tot 10 tot die koue front later die week kom.


Ma - Soos ek gesê het is die beriggie 'n week laat en die koue front het effens oor Bloem beweeg. Ek sien more verwag hulle net 'n 10. Aangesien jy nie 'n foto saamgestuur het, dat ons kan sien hoe dik jy aangetrek is nie, plaas ek 'n foto van William waar hy regmaak vir Bloemfontein se weer volgende jaar.


Ek moet bysê hy en Selina was net 15 min op die dak in die son voordat die hitte hulle ook binnenshuis gejaag het.

3 comments:

Anonymous said...

Ek het ook eens op 'n tyd 'n Speedo gehad, is net nooit toegelaat om dit aan te trek nie. (Nie eers in die privaat nie!)

Anonymous said...

Ja die speedo is nogal iets ne! Mar hy lyk net so wit soos ek hier in die Vrystaat!!!! :)

Anonymous said...

Dit lyk net so met die son wat so skerp is. Hy's baie meer getan as wat jy is. Nelmari