Thursday, May 24

Baie Geluk Grootseun

Vandag negentien jaar gelede is klein William gebore. Het geweet hy gaan groot word, maar nie gedink so 'n groot lang man nie. Maar hy's nog dieselfde seuntjie wat toe hy die eerste keer agterkom hy sweet, ingehardloop kom en bekommerd skree "mamma, mamma my ogietjies smelt". Toe ek deur sy album blaai, kom ek reeds in die begin jare dieselfde karaktertrekke as vandag gesien.

Op sy eerste verjaarsdag. William was nooit haastig om enigiets te doen nie, hy was lui om te begin loop en te kruip. Op sy boude seil was vir hom beter en hy kon aan alles vat en voel. Toe hy egter die dag opstaan, toe is daar nie nodig om te leer loop nie, hy kon dit dadelik doen. Miskien het hy saans in die "cot" geoefen.

Om sonder klere rond te loop was 'n groot gunsteling by hom - om die waarheid te sê vandag nog soos julle op van sy foto's op die joernaal te sien.


Enigiets word aangedurf en dis vir hom geen probleem nie. Hy's nie bang om self 'n "skilpad" aan te durf nie.
Nie bang of skaam om aan blomme te ruik of iemand 'n drukkie te gee nie. Hier is hy en James by die Taalmonument in die Paarl.
'n Waaghals wat enigiets wil probeer. So handglide, bungy-jump, toertjies met die skaatsplank ens. sal op sy "wat-het-ek-al-gedoen" CV eendag wees.
Altyd gereed vir aksie

My besigheidsman, soek Diamante op Kimberley toe hy klein was, en van volgende jaar swot hy besigheid. Altyd op soek na 'n geleentheid vir wins. Ek dink sy oupa Billy (William) glimlag lekker omdat hy net so altyd op soek vir 'n winskopie was.



Geluk met jou verjaarsdag, William, Will, Wurmpie, Seun, Boetie ... ons is lief vir jou!!!

More wys ek meer foto's van die actual verjaarsdag.









4 comments:

Anonymous said...

Hi Boet!
Hoop jy verjaar baie lekker en dan als mag goed en reg gaan vir jou in die jaar wat kom. Jy maak my net ouer voel...ek kan nog onthou toe ek 19 geword het!!! Hopelik gedra jy jou beter! :)

LEKKER VERJAAR!!!

Anonymous said...

Frikkie, sy het vergeet van Frikkie!

Geluk my seun, al is ek in London sien ek dit wys Stockholm, nou gaan jou ma ook vrae vra!

Anonymous said...

William, julle laat my tranerig voel. Sweet memories!!!!!! Liefde: Lalie xxx

Anonymous said...

Baie geluk met William se verjaarsdag. Hy lyk op 'n druppel soos jy. Ronel