Monday, April 9

Wat doen ons krieketspan aan ons?

Ek's 'n redelike positiewe persoon, veral wanneer my sportspanne speel. Ek sal kyk en ontleed en probeer sien waar en hoe het dinge verkeerd gegaan en dan die positiewe dinge soek wat MYSELF kan motiveer om nog steeds vir my span te skree. Ek het nogal 'n kleintjie dood aan ons Suid-Afrikaners wat net 'n wenspan ondersteun en met 'n bier in die hand van die kantlyn kritiek lewer. Daar is soveel aspirant Proteas en/of Springbokke wat dit nooit op die veld gemaak het nie, dis net nie waar nie.

Ons span het eergister nie te goed gedoen nie, om die waarheid te sê ek was half vies om tot twee uur Abu Dhabi tyd te sit en kyk net om te sien hoe ons verloor. Natuurlik het ek ook my kritiek om te lewer soos bv dat Justin Kemp al twee seisoene sukkel om sy "mokerhoue" te vertoon en niemand sê iets daaroor nie, maar Jacques Kallis wat ten minste vir ons lopies aanteken, word gekritiseer ...hoe oulik is ons nie? Mense daardie MANNE is nou eenmaal gekies en nou eenmaal daar en maak nie saak wat gebeur nie, hulle is ons beste omdat julle nie gaan uitprobeer en die proewe gemaak het nie - kom ons ondersteun hulle!!
Maar dis nie waaroor vandag se skrywe gaan nie. Ek's 'n bietjie teleurgesteld in my span maar terselfdertyd BAIE vies vir hulle, want net so lief soos ek vir die Blou Bulle is, so lief is ek vir Australie ... en vandag omdat ons teen Bangladesh verloor het, moes ek vir die Aussies skree om ons aanslag op die titel nog lewendig te hou. Ja .... en dit vra baie moed en trots sluk. Wat ek nie vir ons Protea'tjies sal doen nie.
Eddie het die verloor nie so goed gevat nie en met 'n verkoue is dit hoe hy die wedstryd gesit en kyk het.

Ja ons sit met ons kop in ons hande, maar ons skree, ondersteun en hou nog styf duimvas vir ons manne daar in Grenada.

1 comment:

Anonymous said...

Its alright dad. Don't cry! We'll win against the West Indies!
Nelmari