Monday, April 23

Die student, die maag - Deel 2

Soos vertel het James hard probeer opmaak om in twee dae genoeg te eet vir die res van die semester terwyl Eddie daar was. Maar ten minste kon ons ook sien dat die ou nog tyd het vir ander "aktiwiteite" behalwe eet. (Ongelukkig was daar geen foto van hom aan die studeer beskikbaar nie - maar ek vertrou hy studeer wel)
Hier is die drie besig om op Ocean Basket se stoep te sit en die son oor die Loch Logan waterfront te sien ondergaan..


Die volgende oggend net na agt is daar afgesit sokkerveld toe waar die magtige "IOMA's teen die Veritas eerstejaars moes speel (jinne is dit al kompetisie wat julle het. ...eerstejaars?) Die span het vorige kere met 6/0 en 2/1 verloor en volgende James dui dit op verbetering en kon hulle die dag wen.
Die doelwagter vat 'n breuk ....ek hoop nie daar is 'n wedstryd aan die gang nie.
Geen doele word in die eerste helfte aangeteken nie alhoewel die span in die oponente se helfte boer maar in die tweede kry hulle sowaar 'n doel en toe nog en nog. Tien min voor die einde glip daar egter 'n bal by James verby (Groenie die Draak) - maar hulle wen 3/1!!!

Na die wedstryd word daar vir oplaas opgevul met ontbyt by die kampus se Traumarai, voor die verskaffer van restaurantkos die pad terugvat Pretoria toe.

Hopelik is James direk boeke toe vir studies......

Dit was lekker om foto's van jou te sien seun, jy mag maar regtig weer stuur.




2 comments:

Anonymous said...

Briljante verslaggewer en fotograaf wat jy Bloemfontein toe gestuur het hoor!

Sandra said...

Ja die foto's is nie te sleg nie en met die nodige veranderinge is die verslag ook nie te sleg nie. Ek wag vir die volgende een