Sunday, March 11

Track & Field dag

Gister was die groot skole atletiek sportdag van Abu Dhabi en Dubai. Ons skool na NET twee oefeninge (party kindertjies wat basketbal gespeel het, kon nie eers die oefeninge bywoon nie) was braaf genoeg om te gaan deelneem. Maar o wee, die afrigting, tegniek en vaardigheid het ontbreek. Wat die kinders egter gehad het was 'n hart en 'n gewilligheid om deel te neem. Eerlik, ek sou lank al moed opgegee het, as ek die GROOT atlete gesien het teen wie hulle moes meeding. En mense dit is NIKS soos ons by die huis aan gewoond is nie.
Dit was 'n WARM dag en hier is William besig om hom goed in te smeer voor die begin van die items. Hy het terloops aan alles deelgeneem behalwe om hotdogs te verkoop. Partykeer was dit van die een wedloop na die volgende. (Sien daai outjie in die agtergrond? .... meer oor hom verder af)

William besig met die driesprong nadat hy nog die oggend vir ons gevra het, wat en hoe word dit gedoen. Sy kommentaar na die driesprong....ek het darem die sand geraak.

Nelmari is "gestraf" omdat sy nie die oefeninge bygewoon het nie (omdat sy basketbal wedstryde gespeel het) en is in die Varsity span gesit. Was maar moeilik vir 'n 13jarige om met die 18jariges deel te neem. Hier staan sy by haar 4 x 400m aflos span. Ek dink hulle was 4de.
Hier kom sy in die pylvak af
William gereed vir sy 4 x 400m. Hy het weggespring vir die span en was die tweede ou om die stokkie aan te gee. Die span het ongelukkig toe bietjie uitgesak en 5 de geeindig.
William kom in die pylvak af.
Hierdie ou wat hoogspring is Abdulla en hy weet absoluut niks van hoogspring af nie. Hy het tot redelik ver (onder korreksie 1,75) gespring deur oor die dwarslat te duik en die ouens met die tegniek kon nie glo wat hulle oe sien nie. James dit het almal laat dink aan jou poging 'n paar jaar terug wat die mense net so stom geslaan het. Die wenner was 'n Suid-Afrikaanse seun van Dubai. Jinne SA kan doen met so 'n talent. Hy's nog jonk en het 1,92 gespring!!William by die gewigstoot. Hy het 2de geeindig in hierdie item.
Daarna was dit reguit verspring toe. Na die driesprong het dit sommer baie beter gegaan met die verspring. Het aan meer sand geraak!
Die JV spring weg vir die 1500 m. Kyk daai kleintjie van ons skool, hy's net 11 en ding mee met die 16jariges. Die atlete se gesigte toe hy aantree. Kyk hoe kyk almal vir hom, hulle kon dit nie glo nie. Natuurlik moes hy drie tree hardloop vir elke een van hulle, en het hy ver laaste gekom, maar met 'n glimlag en die meeste ondersteuning van enigeen. Net 'n slukkie water later en hy wou weer aan iets deelneem. Hierdie mannetjie het 'n groot hart en was gou die span se gunsteling en William se skaduwee.
William spring weg in die 400 m en einde 3de in die finaal.

Oor die wenstreep en reguit diskus toe. Hierdie is sy gunsteling item, maar met sy beste gooi trap hy op die lyn en die gooi word gediskwalifiseer. Hy eindig eintlik 3 de met 11 meter minder as sy oefening gooi.
Intussen het Nelmari ook deelgeneem vir die Varsity span aan diskus en gewigstoot en moes ons vinnig help om te wys hoe die gewig/diskus vasgehou moet word. Volgende keer met afrigting en in die regte ouderdomsgroep sal dit goedgaan. Hier rus die diskus/gewigstoot groepie onder die enige boom. (Al drie Suid-Afrikaners)

Onthou julle daai glimlag aan die begin? ...dis aan die einde. Sien sy skaduwee?
Van die hele onvoorbereide skool span het ons slegs 5 plekke gekry, waarvan William 3 daarvan gekry het. Dit was 'n uitputtende dag, maar ons is trots op die kinders wat met soveel geesdrif deelgeneem het.

3 comments:

Anonymous said...

Ons dank ook aan die verbrande fotograaf wat verbrands vroeg al langs die verbrande veld was om die verbrande fotos te neem in die verbranded warm son en verbrand huistoe gegaan het!

Anonymous said...

Lyk darem die skool loop nogsteeds op Holloway-power. Hulle gan darem ons ernstig mis as almal een dag klaar is!

Anonymous said...

Lets c how long they keep me in that school though! In 2 years they'll make headline news.
"AISA sport, no more!"