Saturday, March 3

Bietjie van Dubai

As ons vir mense sê ons bly in Abu Dhabi, (kyk tog na die spelling, nie Aboe Dhabi en Doebai soos dit in SA gespel word nie. Ek dog ons het op skool geleer name verander NOOIT) is daar gewoonlik 'n vraagteken, totdat jy sê dis naby Dubai. Almal ken Dubai want is dit nie die plek waar mense gaan om "specials" te koop nie? Ons ouens hier in Abu Dhabi, wat terloops die hoofstad van die UAE is, het maar altyd net geglimlag oor die mense wat dink hulle koop winskopies en gesê dankie dat Abu Dhabi nog nie "ontdek" is nie. Maar alle goeie dinge word op 'n stadium ontdek, en die toeriste is stadig besig om na Abu Dhabi te stroom.

Alhoewel Abu Dhabi vinnig groei en daar ongelooflike ontwikkeling aan die gang is, kom dit GELUKKIG nog nie by die miernes van Dubai nie. Maak nie fout nie, ons staan in verwondering oor dit wat die mense daar beplan en bou. Ek het 'n oulike artikel oor ontwikkeling in Dubai gelees en gedink, saam met die prentjies, julle dit sal geniet. (Ek plaas net stukkies van berig)

The tourist maps here can be confusing. Probably because about three quarters of the landmarks shown on them are nowhere to be found on the actual ground. "Dubailand (u/c)" and "The World (u/c)" are simply not there. "Dubai Waterfront (u/c)"? Nope. "iPod towers (u/c)"? Huh? "Falcon City (u/c)"? Not a trace.

"The thing about Dubai," is "they do it big, big ... bigger than anywhere else."

The Eiffel Tower at the planned Dubailand theme park‚ a $20 billion project that will be three times the size of Manhattan‚ is, for example, going to be life-size. So are the planned replicas of the Leaning Tower of Pisa, the Pyramids, and the Taj Mahal. And this, as they say, was all desert just a few decades ago.

They realised early on that oil riches were ephemeral and would one day run dry, and they started liberalising and broadening the economy to attract foreign investors. Almost as fast as you could say, "outrageously bling-bling-tourism is our future," this little fishing port on a creek had been turned into a wonderland of artificial attractions.

Soon they had a growth rate bigger than that of China, more tourists than India, and more than half of the world's building cranes.

Tourism now accounts for almost 20 per cent of Dubai's $30 billion GDP‚ compared with less than 5 per cent for oil revenue.

As ons net na 5 van hulle groot projekte kyk slaan dit mens se asem weg. (Hierdie is net teken prentjies, maar ek sal julle binnekort regtes wys).

Die Burj Al Arab, wat julle al in foto's gesien het, die wêreld se eerste 7-ster hotel (nie meer al een nie), in die vorm van 'n groot seil met oa 'n onderwater restaurant en wit Roll-Royce wat mense na die lughawe vervoer. Oornag in hierdie hotel kan mens enigiets van $2156 vir 'n doodgewone kamer tot $13,900 vir 'n suite kos.


Dubailand : Die Eiffel toring wat hier beplan word ($20 biljoen projek) sal drie maal die grootte van Manhattan wees (lewensgrootte). Asook die replikas van die "Leaning Tower of Pisa", die Piramides en die Taj Mahal.

Dan is daar die Palm Jumeirah wat ontwikkel is deur die drooglê van die see en dit is ontwerp in die vorm van 'n palm boom, met takke. Hierdie ontwikkeling is amper klaar met al die behuising, hotelle, waterparke, spas, teaters ens. Amper al die villas vanaf $1.2 miljoen is reeds uitverkoop. (foto's hiervan volgende week)

Nog mensgemaakte eilande in die vorm die wêreld is gemaak. Altesaam 300 eilande, elkeen die grootte van 'n paar straatblokke. Hierdie eilande saam lyk soos 'n wêreldkaart. Dis nie net 'n droom wat in die toekoms lê nie, hierdie ontwikkeling het reeds begin en ek wys later hiervan ook foto's.
En net as jy dink daar kan niks meer wees nie, die Palm Jebel Ali. Hierdie ontwikkeling sal een en 'n half keer groter wees as die Palm Jumeirah en dit sal omring wees met huise op stelte wat in Arabies 'n gedig van die Sheikh Mohammed uitbeeld : Take wisdom from the wise, not everyone who rides a horse is a great jockey, it takes a man of great vision to write on water, Great men rise to great challenges.


Wat volgende wonder ek? Al kom julle almal nou kuier, sal hierdie mensgemaakte "wonders" nie vir die gewone toeriste te siene wees nie. (Julle kan nogsteeds kom kuier). Julle ouens wat lees, laat weet bietjie wat jul hiervan dink?

No comments: