Friday, March 16

Opvolg op Dr Seuss se verjaarsdag

Als en als was die laaste dag van die week 'n besige dag by die skool. Die laerskool het oa ook 'n "pajama-dag" gehad. Ons Varsity seuns speel in die ISAC basketbal toernooi (ja ek weet, al weer basketbal - sien aparte "update") en die kinders het in die loop van die dag ook in die gym gaan kyk om te ondersteun.
Vroeer die maand het Dr Seuss verjaar en die paleis het yslike koeke skool toe gestuur (sien label "skool" as jy dit gemis het). Daar is toe 'n kompetisie geloots waar die kind wat die meeste boeke lees hierdie maand, kans sal kry om die skoolhoof en adjunk met iets te smeer. Ja ek weet party van julle sê dis 'n Amerikaanse ding en kinders moet onnies respekteer ens. maar ek vertel wat ek hieroor dink verder af.
Soos ek gesê het moes die laerskool kinders pajamas aantrek. Party het nuwes gekoop, ander het ouens aangetrek en party soos hierdie outjie het sy skoolklere aangetrek, maar sy slaap haarstyl gehou. (Die kinders oppad "gym" toe)


Snaakse klomp toeskouers wat hulle vir hierdie wedstryd gehad het. Amper almal in hul slaapklere.Die laerskoolhoof in sy slaapklere kyk ook die wedstryd.
In die laaste periode is die laerskool na die sokkerveld toe, waar die graad wenners die hoof en adjunkhoof kon smeer soos ek gesê het. Enigiets van tamatiesous (ketchup soos hulle hier sê), mayonnaise, mostert, sjokoladesous en stroop is gebruik. Hier kry Dr. Evans (adjunk hoof) tamatiesous in sy gesig.
Hy het by tye soos 'n verkleuremannetjie van kleure verander. Baie rooi na die tamatiesous en dan weer bruin van sjokolade ens. Hier is een van ons SA kindertjies Amy besig om sy kleur na wit met mayonnaise te verander.'n Deel van die skare wat kom kyk het.
Die seunskant van die paviljoene, moedig mekaar aan.

Megan, ook 'n SA probeer ook meer wit tussen die bruin en rooi inwerk.
Die skoolhoof Mnr. Moniz vroeer in sy slaapklere en nou in die sous.
O ja my opinie oor respek of nie. Hierdie hoof en adjunk hoof is baie gewild by die kinders en alhoewel hulle sulke fun goed doen, handhaaf hulle ook streng dissipline. Deur te sit dat kinders jou smeer maak jou nie hulle "tjommie" nie, maar hulle sal harder werk vir iemand wat verstaan hoe om pret saam met hulle te hê en in die proses die kinders meer boeke te laat lees. Jaaaa, later kan die kinders leer van mens moet nie omgekoop word om iets te leer nie - dis alles deel van die leerproses. En persoonlik sal ek nie sit vir so iets nie, dis net te morsig en dit ruik!!!!



No comments: