My ou karretjie het ook die afgelope week gevoel hoe dit is om in die woestyn te oorleef....droog!!! Een van sy bestuurders (ek's en Eddie is al lank al nie meer die enigste twee bo 18 met 'n lisensie nie), het oor iets soos 'n sypaadjie gery en 'n groot gat in die verkoeler veroorsaak. Ek, ewe oppad mall toe verlede week, toe ek sien die woestynhitte het in die enjin in getrek en dit wys 'n gevaarlike rooi...net om 'n paar liters water later te sien alles loop regdeur. So oor die naweek met die droog kar-keel en shamel winde was my karretjie regtig met al vier wiele diep in die woestyn. Sy is mooitjies opgetel by die huis om reggemaak te word.


No comments:
Post a Comment