Tuesday, March 20

Dis belaglik

Ek lees in vandag se plaaslike koerant dat 'n jong plaaslike besigheidsman(34) gister hierdie lisensienommer vir sy pa gekoop het vir Dh3.12 miljoen (R6.3 miljoen) as 'n geskenk!?!?!?!?! Hy sê hy wil dankie sê vir alles wat sy pa vir hom gedoen het. Die familie het blykbaar 'n paar sulke nommers gekoop as 'n belegging - na 'n paar maande styg die waarde met 40 - 50% sê die mense wat weet. Die Dubai owerheid het 79 nommers verkoop en Dh30 miljoen (R60 miljoen +) gemaak op gister se veilling.
Enigeen wat wil weet wanneer die volgende veiling is? (En o ja seun as jy wil dankie sê, ons sal die kontant neem, ons het beide reeds nommerplate op ons motors)

1 comment:

Anonymous said...

Seun, jy kan maar in elk geval die nommerplaat koop en dit vir my gee, ek sal dit wel verkoop kry!