Thursday, March 29

Nuwe uitdaging - nuwe hoogtes

Die eerste dag van die ADSAC Track & Field is verby en het sy kwota verrassings ingehou. Die kinders het redelik aan alles deelgeneem. Aangesien dit ook William se laaste atletiekbyeenkoms sal wees, wou hy probeer inskryf vir die hoogspring toe hy sien een van sy pelle is daar. Geen idee hoe mens dit doen nie, kry hy gou 'n "crash course" terwyl hy vir sy springbeurt wag. Veertien manne begin en na 'n rukkie sien ek die ou is sowaar nog deel van die springers en kon toe darem 'n foto of twee gaan neem. Groot was ons en William se verrassing toe hy oor die dwarslat gaan vir die tweede plek!! Ek moet bysê dat die ou wat gewen het die afrigting, styl en tegniek gehad het, en hy het lank daarna nog gespring om sy rekord te verbeter. Met sy springery was hy laat vir die gewigstoot, maar kon voor hulle wegpak 'n gooi inkry om daar ook 'n tweede plek te kry. Hy het dus 'n goeie veld-middag gehad. Tweede in die diskus (waar die wenner oorgetrap het, maar daaroor sê ons liewers niks), tweede in die gewigstoot en tweede in die hoogspring. Die man was heel "chuff" met homself, aangesien een van die ander skole, ACS, se kinders intensiewe afrigting reg deur die jaar kry en hy maar sommer op die veld leer.
Miskien as die voete nie so groot was nie, het hy nie die dwarslat afgespring nie?
Nelmari het net aan die gewigstoot vandag deelgeneem en ook 'n tweede plek gekry!!!

2 comments:

Anonymous said...

Mooi werk kindertjies, en die kameravrou se "snappies" is ook heel netjies.

Anonymous said...

Behalwe ek wet ni so mooi van william se tegniek ni. Ek sal hom maar moet leer sker-spring!