Die kinders het gister hulle pluimbalwedstryde gehad en gemengde welslae met die uitslae gehad. Altwee het hulle dubbelswedstryde gewen maar die gemengde dubbels verloor. Ook maar goed hulle speel nie in een span nie, hulle sal mekaar uitroei op die baan. As ek hulle reg verstaan het, is vandag weer track & field dag ..... so hou ons nie op nie.
Hierdie foto het nou net mooi niks met lente en/of pluimbal te doen nie, maar dit was net vir my so 'n goeie foto oor hierdie land .... die tradisionele en die nuwe strukture.

2 comments:
Daai 4de kameel van voor af is nie behoorlik gewas en geroskam nie, wat maak julle as ek nie toesig hou nie?
Ek sal hom instuur vir 'n diens
Post a Comment