Friday, March 16

Update en Inligting vir James - Vrydag

Dis Vrydag so ek sal net uitslae onder byvoeg. Nelmari het kommentaar op jou kommentaar gelewer.
Ok seun hierdie is nou spesiaal vir jou. Die toernooi foto's sal eers na die toernooi op kom. Jy het vlugtig Nelmari hulle se sweetpak gesien met die Cairo trip, maar sy en William wil weet watter een dink jy is die mooiste. JV of Varsity. En dis nie "in your face" nie, hulle wil sowaar vir jou ook een laat maak.






Dan is Nelmari "official" by die toernooi en wil weet of dit soos jou afrigters hemp lyk. Ek dink sy wil vir haar ouboet ook een kry.
Goed wat die toernooi betref.
Ons eerste wedstryd was teen Cairo. Dit verloop as volg:
1ste periode 13 - 13
2de periode 31 - 25 Ons guns
3de periode 41 - 43 Hulle guns
4de periode 49 - 60 Hulle wen
Seuns was lusteloos in die laaste kwart, maar almal dit eens, hulle kan hierdie skool klomp. Ek self was nie daar nie, maar ek hoor William het klompie mooi dinge gedoen.
Tweede wedstryd was teen Riyad. Dit verloop as volg:
1ste periode 19 - 13 Ons guns
2de periode 39 - 23 Ons guns
3de periode 54 - 35 Ons guns
4de periode 66 - 50 Ons guns
Ons is weer lusteloos in laaste kwart, maar wen darem. William speel 'n baie goeie wedstryd en tussen hom en Baltaji gebeur daar allerhande toertjies rondom die ring wat vir ons heelwat punte inbring.
Derde wedstryd teen TAISM (Muscat, Oman)
1ste periode 11-13 Hulle guns
2de periode 27-22 Ons guns
3de periode 40-36 Ons guns
4de periode 51-42 Ons wen
Was 'n baie spannende wedstryd en William het goed gespeel.
Vierde wedstryd teen Al Nahda
1ste periode 8 - 6 Ons guns
2de periode
3de periode 31-29 Ons guns
4de periode 44-35 Ons wen
Die span speel nie voluit nie, ons vermoed die afrigter het gesĂȘ hulle kan dit maar stadig vat. William teken meer as die helfde van die span se punte aan en speel weer 'n goeie wedstryd.
Die laaste wedstryd van die dag was teen ABA (Oman).
1ste periode 9 - 14 Ons guns
2de periode 17-17
3de periode
4de periode 42 -35 Ons wen
Hulle het ons behoorlik laat naelskou. Ons span word tweede gekeur vir more se uitdinne.

2 comments:

Anonymous said...

Wel dit lyk my net mense show-af met goed wat hulle het wat ek nie het nie. :P
My gunstelling dink ek is William sin.Behalwe die plakkies is nie great nie.
Die hemp is ook baie nice Nelmari.Ek het nie een met n Lion op nie, myne is als die oues.

Hoekom lyk almal so kwaai op die fotos?:)

Anonymous said...

No matter what we still love you although you a poor little university boy. Nelmari