Die afgelope vier dae was AISA die gashere van die ISAC toernooi. Hierdie toernooi word jaarliks in 'n verskillende land gehou en vanjaar was die Abu Dhabi, UAE se beurt. Ons dogters en seuns het deelgeneem. Altwee hierdie spanne het deurgedring na die finaal toe. Eers 'n paar foto's van die gebeure rondom die vier dae en dan die uitslag van die finaal.
Die toeskouers op die verhoog met hulle pom-poms gereed vir die wedstryde.
(Als en als 'n goeie naweek vir sport vir my, die meisies en seuns doen goed, Stormers wen, Proteas wen en Bulls verloor!)
No comments:
Post a Comment