Sunday, March 4

JAMES vertel.....

Die kuns agter student wees

Die geskiedenis kan nie presies onthou hoekom mense besluit het om in Bloemfontein te stop nie. Die storie gaan oor vars water wat hulle hier gekry het, ek is geneig om die ander storie te glo wat ek verlede vakansie gehoor het. Wanneer mens 'n duisend kilometer van die Kaap af is en jy weet hoe elkeen van jou osse lyk en hulle name het, dan is dit tyd om bietjie te stop.

Wat ek seker probeer sĂȘ is dat hulle 'n groot fout gemaak het, want hier is nie eers beeste om te tel nie. So, soos enige goeie student in Bloemfontein oor die naweek, beoefen ek die kuns van "mif" wees. Nou dit kan beide 'n werk- of naamwoord wees, want mens kan besig wees om te "mif" of na 'n uur of wat van goed konsentreer kan jy dalk ook "mif" wees.

Nou op 'n Saterdag voel 'n student redelik "mif", meeste van die tyd omdat hulle die vorige aand bietjie uitgegaan het. In my geval raak ek "mif" van net "mif" wees. So teen die tyd dat Sondag kom, is mens goed "gemif". Ek het soos ouder gewoonte na die oggend se werk 'n slapie gevang. En toe ek uiteindelik ontwaak is dit middag en mens is te "gemif" om enigiets te doen. As varsity net nie so stressvol was nie ....

(Ek's heel "gemif" net om hierdie beriggie van jou te lees seun)

Is dit hoe mens lyk as mens "gemif" is?

(Foto op sy 21ste Verjaarsdag wakker word - toue deur Will en Nelmari)

No comments: