Wednesday, March 14

Die ou Palm boompie

Die eerste 100 villas en 650 woonstelle (apartments soos hulle dit hier noem) is die maand op die eiland in ontvangs geneem. Alhoewel die projek veronderstel was om Mei 2006 klaar te wees, word die finale oorgee van die 20 woonstelgebou Mei 2007 en die 4000 villas vir einde van die jaar beplan.
As julle na die foto's kyk sal julle sien hoe knap die huisie langs mekaar gebou is. Die ontwikkelaars sĂȘ dat 'n 4 - 5 meter afstand tussen die huisie is en dat die huisie vir see uitsig gebou is nie vir bure nie. (Nou wat presies sal dit beteken).
Kan julle glo vir hierdie projek is sommer 78 km van die see gevat om hierdie goed te bou? En dan betaal die mense miljoene om soos ingerygde rosyntjies langs mekaar te bly in "eksklusiewe" eenhede met 'n see uitsig, wat mens enige ander plek langs 'n see kan kry? En dit net sodat die mense uit die sateliet gesien kan word? Dis teveel vir my kop om te verstaan.




No comments: