Tuesday, March 20

Veels Geluk OU Sus!!!!

Ek het nog altyd gewonder waarom die getal 40 so gewild is in die Bybel. Vir Noag het dit 40 dae en 40 nagte gereen, Moses was 40 dae op Sinai, in die woestyn was daar 40 vasdae vir Jesus, en die verreses Here het 40 dae in Jerusalem rondgestap om te wys dat Hy werklik opgestaan het.

Dis nie al nie. Isak was 40 toe hy met Rebekka getrou het, Esaue was 40 toe hy met Jehudit getrou het en die Israeliete het 40 jaar in die woestyn rondgeswerf en manna geeet. Veertig was ook baie gewild onder die konings: Dawid het 40 jaar lank geregeer, asook Salomo en 'n ou met die naam van Joas. Waarom speel 40 so 'n belangrike rol in die Bybel.

Hulle sê dat volgens die Hebreeus was 40 die ouderdom waarop iemand as "uitgegroei" beskou is. (Kan goed wees, ons wil tog nie meer groei nie). Kritieke gebeurtenisse het 40 jaar of 40 dae geduur - strawwe, beproewings en veroordelings. In daardie dae was die lig van die beloofte land op die horison sigbaar wanneer jy ouer as 40 is, behalwe as jy Moses is, in wie se geval die gloed deur 'n brandende braambos veroorsaak is en ons as dit die gloed van die kersies op die verjaarsdagkoek is wat die rookalarm laat afgaan.

Ek wil nou nie heeltemal morbied raak nie, maar een van die redes waarom die lewe vroliker na 40 is, is dat jy nog lewe om dit te vier.

Daarom OUsus, baie geluk met jou verjaarsdag vandag!!!!

(Marie en James so drie jaar terug)

HE 'N WONDERLIKE DAG EN JAAR!!!!
LIEFDE
AL DIE HOLLOWAYS

3 comments:

Anonymous said...

Baie geluk uit di Vrystaat!
Ons sal maar volgende week 'n laat celebration ook hou.
Mag daar nog baie voorlê!

Anonymous said...

Gedorie!
Nou het ek glad nie eers meer 'n enkele skoonsuster onder 40 jaar nie.

Baie geluk Marie.

Anonymous said...

Kan jy glo ek kry nou eers kans om rustig terug te antwoord. BAIE DANKIE!!! voel eintlik 21!! Eddie BAIE DANKIE vir al jou soentjies. Ek het elkeen teen my wang vasgeplak. Onthou 40 maar nog nie outie!! Ek wag net vir julle om af te kom sodat ek weer die verjaarsdag kan oorhê.

Lief julle!!
XX