Saturday, March 17

Weerberig van Abu Dhabi

Wat's die gesegde van die weer trek in mens in? Gister het ons sand gehap met 'n baie sterk Shamal ('n wind van die woestyn) wat gewaai het. ALLES was vol sand. Hier is ek oppad om na William se basketbal toernooi en die lug lyk bewolk - maar dis alles sand.

Waar ander mense partykeer hulle motors onder sneeu moes uitgrawe, was my ou karretjie verskriklik vol sand vanoggend.
Ek kon die kat se sandbak vul as ek dit leeg buite sou sit en die wasgoed ...was vuiler as voor die was. Ek moes ook die Sondagkoerant (op die Vrydag) tussen die sand uithaal vanoggend.
Hierdie beteken net dat die somer nou regtig op pad is. Die temperatuur gister saam met die sand was volgende die slimmense van die weer 38 C.
Maar die dag het goed geeindig met ons Proteas ne, dit was lekker om die manne te sien kolf. Nou moet ons dogters en seunsspanne net vandag in die ISAC finaal speel en wen.

No comments: