Wednesday, March 7

En weer, en weer en weer 'n keer

Net twee dae terug sê ek Nelmari het nog een wedstryd om te gaan voor die einde van die basketbalseisoen - maar groot was my verrassing toe daar nog 'n wedstryd ingepas word. Hulle speel teen Al Khubaira vir die voorlaaste wedstryd.

Hier is die tellinghouers vir die seuns se wedstryd - Marnus, Nelmari en Minri, al drie van Suid-Afrika. Daar is lekker Afrikaans gepraat met die telling hou.
Nelmari maak gereed om die bal te ontvang.
'n Spanpraatjie tydens die wedstryd.
Van die toeskouers (ouers). Sal dit 'n grap wees of is die wedstryd spannend?
Ons meisies wen 23 - 10 en nou is dit regtig nog net een wedstryd na die einde van die seisoen toe.
Die seuns kan ook nie rus nie want hulle moet in oefening bly vir ISAC. Gister het hulle ook teen Al-Khubaira gespeel.
Hier beweeg William met die bal na die net toe.

Bietjie meer hierdie kant toe ouens ... is dit dit wat William sê?
Die toeskouers tydens hierdie wedstryd. Lyk my hulle kan ook nie die spanning vat nie.
Die seuns wen die wedstryd 65 - 19!!! GO LIONS!!!
EN eindelik is die meisies oppad na hulle laaste wedstryd van die seisoen in Dubai teen UAS. (Nelmari die baba en kort een agter in die middel)
'n Laaste spanpraatjie van die seisoen ....
Alweer die "terrible two" van SA. Nelmari en Minri vat 'n breuk.
En die einde van die seisoen .... jippie!!!!! Ons wen 24 - 6!!!!
Baie geluk aan ons Junior Varsity Basketbal span vir 'n goeie seisoen!!!! GO LIONS!!!!
Nou is dit nog net William se basketbal wedstryde en het die "track and field" seisoen begin. Weens die hitte is dit gelukkig 'n baie kort een en is die groot byeenkoms met skole van die UAE op Saterdag. Die Holloway kindertjies sal beslis daar wees, en julle sal daarvan hoor!!

No comments: