Thursday, March 15

Ontmoet vir Luie

Luis, vernoem na 'n karakter uit Jungle Book soos al die diere in die Holloway huishouding, is William se Arabiese baster "Suluke". Hy's al amper vyf jaar deel van die huishouding en glad nie 'n "normale" hond soos mens honde ken nie. Ek vermoed hy's nou in sy tiener-honde jare wat hy doen alles lê-lê.
Dis tyd vir 'n honde sjokolade "treat" en eers probeer hy homself help. O en net sodat julle weet, hierdie is pepperment geur.
Om dit self oop te maak het nie gewerk nie, dus gaan hy oor na die smeek fase....
Dit werk so hy kry sy sjokolade. Hy gryp NOOIT iets uit mens se hand uit nie, en vat alles baie versigtig tussen sy tande. Hy sal enigiets eet, is mal oor ysblokkies, eet mielies pit by pit, maar hou niks van uie en tamatie nie.Hy maak graag die brandweer, ambulans en polisie sirenes na en alhoewel hy die huiskatte verdra. verdra hy geen straatkatte. Hy sit graag in die kombuis as mens kosmaak met sy rug teen die kaste of as hy 'n trappie kry, sit hy daarop.

Die enigste ou vir wie hy "versigtig" is, is Eddie en alhoewel hy weet hy word in my studeerkamer toegelaat, sal hy vreeslik probeer wegkruip agter die voetstoeltjie as hy Eddie hoor aankom. Julle moet hom in die woestyn sien, hy hardloop asof hy nooit weer terugkom nie, net om weer terug te kom.

1 comment:

Anonymous said...

Is oordat ek die "baas hond" in daai huis is! As julle my nie glo nie vra my vrou, sy my toestemming gegee om dit te wees.