Tuesday, March 27

'n Goeie Atletiek dag

Ons beweeg nou weg van die basketbal seisoen na 'n kort track & field een saam met pluimbal. Soos gewoonlik wil die kinders nie uitsit nie en neem orals deel. Gister het hulle aan 'n atletiek byeenkoms in Dubai deelgeneem en tussen die twee 7 eerste plekke gekry! Ongelukkig het ons nie 'n fotograaf daar gehad nie en alhoewel Nelmari die kamera geneem het, was hulle altwee te besig om mekaar af te neem. Aan die einde van die dag kon hulle spog met ....

Willam
1 ste plek in die 400 meter
1 ste plek in gewigstoot
1 ste plek in diskus
1 ste plek in verspring (lyk my hy begin al meer sand raakspring)

Nelmari
1 ste plek in 100 meter
1 ste plek in gewigstoot
1 ste plek in 4 x 100 meter

'n Goeie sportdag vir AISA!





Vanmiddag is dit 'n pluimbalwedstryd teen ACS (American Community School).

5 comments:

Anonymous said...

Veels geluk met julle prestasies!! Aard defnietief na julle tannie. Lalie xx

Sandra said...

Ekskuus??? O wag miskien praat jy van die Springbok klere in Shop.

Anonymous said...

Julle altwee is verkeerd, wie is hulle pa!

Sandra said...

Skuus ek het van die pa vergeet en die een keer wat hy op die veld gekom het vir 'n wedstryd en moes afgaan omdat hy in 'n molgat getrap het. Hulle doen seker goed omdat hier nie molle is nie

Anonymous said...

Mooi julle twee, ek is sommer baie trots op julle!