So op ons blits-rits deur die Skiereiland maak ons vinnig 'n draai by Ronelle se dogter Anneke en ek kon die versoeking nie weerstaan om hierdie kleurvolle "winkel" af te neem nie.
Die plek se naam is, Hadeda Invoerders van goedere van Sentraal Amerika (ok dis nou vertaal) en sommer by die ingang kan mens sien dis nie jou normale "winkel" nie. Hierdie winkel het ook tak in Johannesburg, maar die Kaapstadse een is in 2003 oopgemaak. Hulle het omtrent 2000 verskillende produkte wat spieels, rame, ligte, teels, keramiek, ens insluit.
Daar is spieels van Peru in aller groottes en vorms en van Mexico die geteelde spieels wat orals hang.
In die kleurvolle hoekie moet ek eers vir Ronelle en Anneke afneem.
Dis die winkel se balkon met 'n klomp interessante klei artikels.
Hierdie blou muur het weer verskillende grootte kruise op.
Partymense gee moed op met al die foto's en "pose" maar om die vrede te bewaar.
Hier is nog van die kershouers en spieels en mense wat ek ken stap deur en se, o dit wil ek nog he, o en dit ens.
Anneke wys vir ons van die muurbehangsels.
Die twee Hadeda meisies staan by 'n kleurvolle kamer vol .....
Hier is hulle afgeneem by die Frida Kahlo se werk.
Daar is ook 'n winkel in Johannesburg, loer bietjie hier vir wat hulle alles het.