Vanoggend vroeg toe die kwik nog op 27 grade was, is die Varsity seuns en meisies weg vir hulle toernooi na Oman waar hulle teen spanne van Oman, Egipte, Qatar ens gaan speel.
Dit was omtrent 'n gelag en giggel van omgewondenheid, want vanjaar dink ons, vermoed ons, hoop ons, het ons 'n kans om met die trofee terug te kom. Hier is Nelmari en twee vriendinne, Jovanna en Olivereen. (Terloops nr 25 is die baba van die span)
En soos altyd moes hulle wag en wag vir 'n paar maats wat laat is terwyl die sportdirekteur op en af stap want met 'n internasionale vlug moet jy mos 2 uur voor die vlug daar wees. James, mnr Campbell het vanoggend van sy eerste toer na Oman vertel toe hulle met jou twee paspoorte gesukkel het. Onthou jy dit nog?
En dan besluit hulle dis tyd om te gaan en bagasie en kinders word gepak. Weereens is Suid-Afrika goed in die span verteenwoordig met Nelmari, Olivereen, Marcelle en Wynand wat daar is. Ons hoop dat dit 'n heerlike toernooi gaan wees. GO LIONS!!!
Showing posts with label Volleybal08. Show all posts
Showing posts with label Volleybal08. Show all posts
Wednesday, October 8
Monday, September 22
Lewe gaan aan in Abu Dhabi
Terwyl ek in SA rondgerits het, het dinge in Abu Dhabi hulle normale gang gegaan wat die skool en sport betref.
Ondanks 'n knie wat aan die begin nog 'n bietjie aandag nodig gehad het, het Nelmari uitprobeer vir die Varsity Volleyball span al is sy nog net 15.
Sy is nie net gekies nie, maar is ook in die "starter" span! Mooi so sussie, ons is trots op jou! Hulle het in my afwesigheid drie wedstryde gespeel waaroor ma gou moet verslag lewer.
Die eerste een was teen ASD (American School Dubai). Hier is die afrigter besig met 'n spanpraatjie. Hulle verloor slegs met enkele punte in die drie stelle en dit lyk na of hulle in 'n formidabele span gaan ontwikkel.
Aan ondersteuners het dit ook nie ontbreek nie en die mascot was vol dinge.
'n Paar dae later speel hulle teen ACS (American Community School) en soos altyd wanneer hierdie twee spanne teen mekaar speel is dit enige een se wedstryd. Hier blok Nelmari (nr 25) 'n bal van ACS.
ACS is egter 'n hele maand se oefening voor en wen uiteindelik met 'n paar punte. Nelmari stuur die bal mooi oor die net ... kyk daai konsentrasie. Vrydag was hulle uitgenooi na 'n toernooi en omdat hulle voorberei vir ISAC was dit 'n goeie oefeninglope.
Hulle wen vir Al Nadha - kyk net wat moet hierdie arme kind dra dat mens nie haar hare mag sien nie,
en UAS om deur te gaan na die finaal. Hier stuur Nelmari die bal agteroor haar kop terug na UAS toe.
Hier dien sy tydens die finaal waar hulle weer teen ACS verloor. Volgens haar is die afrigter nou meer seker van sy spankeuses vir die res van die seisoen en hulle toer na Oman in Oktober.
Gelukkig is Nelmari se knie nou baie beter en het sy 'n goeie paar wedstryde agter die rug, soos hier waar sy die bal met mening terugstuur in ACS se baan.
Ondanks 'n knie wat aan die begin nog 'n bietjie aandag nodig gehad het, het Nelmari uitprobeer vir die Varsity Volleyball span al is sy nog net 15.
Sy is nie net gekies nie, maar is ook in die "starter" span! Mooi so sussie, ons is trots op jou! Hulle het in my afwesigheid drie wedstryde gespeel waaroor ma gou moet verslag lewer.
Die eerste een was teen ASD (American School Dubai). Hier is die afrigter besig met 'n spanpraatjie. Hulle verloor slegs met enkele punte in die drie stelle en dit lyk na of hulle in 'n formidabele span gaan ontwikkel.
'n Paar dae later speel hulle teen ACS (American Community School) en soos altyd wanneer hierdie twee spanne teen mekaar speel is dit enige een se wedstryd. Hier blok Nelmari (nr 25) 'n bal van ACS. Vanmiddag het hulle ook weer na Dubai gereis en met DAA afgereken.
GO LIONS!
Subscribe to:
Posts (Atom)