Wednesday, August 29

Ibn Battuta mall 2 - die ander helfte

Die Persie court is net so 'n mooi een met al die teels dat ek net nog 'n foto van dit moet wys.Dis 'n klein koffiewinkel in die middel van Persie waar mens 'n effense blaas en/of ruskansie kan vat.
Die twee bewonder die teelwerk met hulle nuwe aankope.
Ons gaan loop 'n draaitjie en Charmaine verskyn vars en reg vir die tweede deel van die mall.
Ons is nou in die Egipte court. Die tema is "Modern Trends" In hierdie deel is baie bekende winkels soos Magrudys, Sun & Sand en Studio R. Ons moes al die pad Egipte toe om uiteindelik vir Nelmari skoene te kry wat haar pas. (William sy is eintlik kwaai dat ek nie 'n foto daarvan het om vir jou te wys dis ook weird nie. Sal een moet neem)
Die Court se mure is met Egiptiese prente en skrif versier. Dis baie besonders
Amper klaar met die lande. Die Tunesie Court nog voor en hulle tema is Family Fun. Dit beeld 'n Noord Afrika markplek uit en dis hier waar die foodcourt gelee is. Nou is dit tyd vir koffie.
Tog te lekker hier is 'n Seattle koffiewinkel en ooooo die sonde Cinnabon. Nelmari en Charmaine bestel vir ons ys-koffie en 'n "klein stukkie" Cinnabon.
Nou het mens weer energie vir die laaste land, maar eers 'n foto van die leeufontein.
Die laaste plek is die Andalusia Court. Hier is die tema Convenience. Die tonele skep 'n aand toneel en dis hier waar mens alles kry wat nodig is om jou dagtake af te handel soos bv. banke, bloemiste, droogskoonmakers etc. Plekke wat jy in die aand na werk sal gou-gou wil besoek.
Oppad terug en mens sal hierdie spieel wil huistoe vat
Ek kan glad nie onthou waar ek hierdie foto geneem het nie, behalwe dat dit oppad terug is. (Seker 'n slim San gaan my help hiermee)
Nou moet julle weet as selfs Nelmari die kaart bestudeer om die uitgang te kry, is die mall groot. Nie 'n plek wat mens sonder platskoene of nuwe Sketches sal aanpak nie. Vir my nie 'n mall vir elke dag nie, maar pragtig om te sien en vir besoekers te wys soos hieronder toe Corli en James gekuier het.
In die Andalusia court







4 comments:

Anonymous said...

hallo weer ek, ek kon nie die kans laat glip nie, Tannie die foto wat tannie nie weet waar dit geneem is nie is in die India court ;-)

Liefde
Elriza

Anonymous said...

Dat iemand wat nie eers hier bly nie, so baie van die malls weet... Maat dink jy sy loop teveel in die malls rond?

Anonymous said...

Ja, ek dink sy is glads te slim... minder malls volgende keer en meer Fujeirah.:-)Dit kan beter wees vir my sak ook... en vir DJ sin.

Muriel said...

Mmmm ek sien ek moet Elriza kry om my die malls te wys!!

Hierdie plek is asemrowend!!!

Deesdae raak ek baie pruttelrig, oor alles wat verkeerd en lelik lyk hier in SA sê ek, julle moet sien hoe lyk dit by my vriende in die woestyn. Of Abu Dhabi lyk nie so nie. Ek wil liewers by Sandra gaan bly, of ek gaan my tasse pak ek gaan by my vriendin in Abu Dhabi bly... ek kan nie meer hierdie dinge hier vat nie. whahaha lol

Dus behalwe dat ek hierdie blog baie geniet, maak dit my nou lus om ook my tasse te pak. Teddie moet werk soek daar. Dink net, ek kan selfs kamele aanhou!