Wednesday, July 25

Toer deur Abu Dhabi - 4

Uiteindelik is ons by die Palace Hotel se agterhek. Mens kan ten minste die groot hek van daar af sien. Die grasperke is lieflik en met die water wat so spuit is dit moeilik om jouself in te dink ons is eintlik in 'n woestyn.Die hotel vanaf die ander oprit. Alhoewel ek al 'n paar keer daar was met verskillende besoekers, bly dit 'n indrukwekkende gesig.
Van die fonteine aan die onderkant van die hotel. Die water lyk baie aanloklik in die hitte
Amelia trotseer die hitte en gaan loop tussen die fonteine rond. Ek en Charmaine verkies om in die lugverkoelde motor te sit en foto's neem.
In die parkeergarage is WIT Rolls Royces, BMW's, en ander deftige motors volop. Dis die voertuie waarmee die hotel se gaste rondgery word. Ek neem aan 'n gewone kamer se mense ry in die BMW terwyl die suite s'n in die Rolls ry.
Die ingangportaal en Amelia en Charmaine wag vir 'n afspraak met die sheikh .....
Twee van die baie sithoekies in die hotel as jy sal wil kuier.
Die hotelvloere van onder af en die hoof koepel. Waar ons staan en foto's neem is 'n groot oop ruimte met marmervloere. 'n Paar huise kan daar inpas dis ongelooflik ruim.
Is dit 'n foto of skildery wonder hulle? Kyk hoe klein lyk alles teen die GROOT van die hotel.
Aan die eenkant van die trap hang die tapyt van die Emirates Palace Hotel in die dag ....
En aan die anderkant die Hotel in die nag. Dis reuse matte en lyk selfs soos 'n foto. Ek weet nie hoe lank het hulle daaraan gewerk nie.
Vanaf die trap 'n foto by die versierde venster uit. Kan julle die see sien? Gister se foto's was van daardie kant af geneem.


Ons is nog nie klaar gekuier in die hotel nie, maar kom lees more weer verder



















2 comments:

Anonymous said...

Jou foto's lyk sooooo goed. Jy sal vir ons 'n boek moet publiseer met al die stories en foto's. Ek kuier lekker op jou webwerf maatjie .Charmaine

Anonymous said...

Ek wou al lankal sien hoe lyk daai plek aan die binnekant. Dankie!! Geniet jou stories. Ems