Showing posts with label Rainbow sheikh se museum. Show all posts
Showing posts with label Rainbow sheikh se museum. Show all posts

Sunday, February 5

Palms in die woestyn

Alhoewel palms taamlik algemeen voorkom in die woestyn hier by ons, is die Palms van Pretoria baie skaars hier. Terwyl ek dus in SA was om Nelmari ingerig te kry, het die twee Palms kom kuier.

DSC03662

Alhoewel Rufan eintlik aan die marathon in Dubai kom deelneem het, is die gewone "toeriste" goed ook met hulle gedoen.

DSC03667

En ondanks al die palms in die dorp, het hy nog steeds gedink hy is The One and Only Palm in die dorp.

DSC03889

Sheikha Juanita het 'n kans gehad om oa ook na die groot moskee te gaan kyk - altyd 'n besoek werd.


Dis nie al plekke wat hulle besoek het nie, met die gewone toeriste ding is alles wat gesien kan word in baie van die emirate gesien en besoek. Ek het al oor meeste van dit geblog en sal nie weer fotos van die plekke opsit nie. Behalwe vir ...


Die motormuseum van die reenboog sheikh...


Kyk hieroor het ek al ook baie geblog en foto's opgesit, maar hulle het iets kon sien, wat deur baie min mense, selfs hier van die dorp gesien kon word....dus


Oppad in die rigting van Liwa, was hulle net so verras om die groot piramide in die woestyn te sien. Nee, hulle was nie in Egipte nie, maar by die reenboog Sheikh - so vernoem omdat hy baie lief is vir kleure met veral sy motors - se motorversameling/museum.

9

Hierdie foto'tjie is 'n tydjie terug van sy karavaan geneem en Nelmari kon skaars by die onderkant bykom. Wat sou mens met so 'n karavaan maak? Of nog erger, hoe sleep mens so 'n karavaan?

DSC04043

Voor ons dit kan antwoord, moet ons eers verby een van sy mercedese met klein wieletjies loop.


DSC04077


En binne ... die groot ou Dodge bakkie wat gebruik is om die karavaan te sleep. Hierdie Dodge Power Wagon is 4x op skaal groter as die normale een.


DSC04076

Hulle twee wys hoe groot die wiele nou eintlik is en kry 'n geleentheid wat vir min beskore is, om binnekant te kyk in die bakkie.


DSC04070


Daar word gese dat hierdie motorhuis 4 slaapkamers, 6 badkamers, 'n kombuis en sitkamer het, wat dit die grootste motorhuis in die wereld maak. Die twee in een van die kamers.

DSC04071

Niks fensie nie, maar bly in gedagte hou, dat dit eintlik binne in 'n bakkie is :-)


DSC04073

Lekker kuierplek waar die mans seker kuier en koffie drink.

DSC04075

En nog 'n ou kamertjie binne-in.


15


Net so vir die wat nie vorige kere gesien het nie, as mens die bultjie agter opstap is daar 'n groot Jeep wat oor die pad getrek is :-)

DSC04225

Hierdie is nog een van die yslike groot motors van die sheikh en dit word as 'n winkel/restaurant gebruik.

13

Die binnekant van die winkel wat eintlik die jeep se kattebak is.


As julle nog foto's van die museum en al die andergoed wat hy daar het wil sien, kliek op die label hieronder.


Palms .... ons hoop julle het die dorp geniet en gesien dat Abu Dhabi ook goedjies het om te sien :-).

Saturday, January 5

Sheikh se motormuseum

Ek het julle op 'n vorige keer van die motormuseum van die Reenboog Sheikh vertel, en hier is 'n paar foto's van die snaakse en gewone motors wat in sy private versameling reg in die middel van die woestyn staan.


As julle wil teruggaan na die ander blog oor die museum, kliek net op die label hieronder.

Saturday, December 22

Oortreffende trap in die woestyn

Ek het al vantevore oor die Reenboog Sheikh en sy GROOT motors vertel en 'n besoek aan Abu Dhabi is nie volledig as mens nie ook die sheikh se motor museum besoek nie. So met Annie en Corli se vakansie hier by ons wat einde se kant toe staan, het ons hulle gaan wys.
Die groot Dodge Trok in die middel van die museum. Sien hoe groot hy is teenoor die bakkie.
In een van die spaarwiele is 'n speelplek vir kleintjies gemaak. Corli sit in die middel van die buiteband.
Hier probeer sy uit klim
Die reenboog sheikh se reenboog mercedes. Annie en Corli loer. Daar is ook 'n mercedes in elkeen van die reenboog kleure. Ek blok anderdag oor die motors in die museum
Corli probeer binne die ou groot Mercedes buite die museum se wiele klim.
Sy kry dit nie heeltemal reg nie
James bo-op die wiel
Hierdie is 'n ark tipe karavaan met klomp kamers vir .... ek weet nie wat. James lyk eintlik klein.
Nelmari kom net-net halfpad by die wiel
Die ander karavaan lyk soos 'n aardbol. Hier wys Nelmari waar sy Januarie gaan wees.
Corli probeer verduidelik waar in NZ sy bly.
Nelmari, Annie, Corli en Charmaine oppad na die karavaan se ingang.
James besluit om soos 'n uil op 'n kluit te sit
Meer uile.... Ons vat 'n eet en drink breuk
Corli geniet die broodjie wat sy self gebou het
Dan is die bult op na die klein LandroverIets het verkeerd gegaan met hierdie parkering
Soos ek al vantevore geblok het, word die landrover vir 'n winkel gebruikJulle moet verstaan dat hierdie "winkel" in die woestyn is. Maar dit verhoed nie dat mens enige iets van water tot 'n TV kan koop nie.
Die bokant van die Landrover is 'n plek met tafeltjies as jy ietsie sou wou drink. Hulle sal seker broodjies ook maak. Kyk by die venster en sien die woestyn.
Corli waai van bo af.

Tuesday, July 17

Hoe groot is groot?

Julle sal onthou met James se verjaarsdag het ek die foto hier onder gewys en belowe dat ek meer oor die klein trokkie sal vertel. Weereens foto's met William se foon.

Oppad Liwa toe (woestynwêreld) sien mens 'n piramide wat glad nie hier tuishoort nie. Dis die motorversameling/motormuseum van die Reenboog Sheikh (Sheikh Hamad bin Al Nahyan). Soos alles hier moet dit altyd groter as enigiets anders wees. Hierdie Dogde Power Wagon is 'n 4x skaal grote as die regte ding. Alhoewel mens nie binne kan kyk nie, word daar gesê dat hierdie motorhuis 4 slaapkamers, 6 badkamers, a kombuis en sitkamer het, wat dit die grootste motorhuis ter wêreld maak. By die ingang van die museum is hierdie groot Landrover wat eintlik 'n kafee is.
William wat 1,90 m is, lyk klein teen die jeep se "spaarwiel".Weerskante van die wiel sal julle die ingang van die winkel sien.
Arina kan reg in die middel van die wiel inklim en uitloer.
Binne die Landrover lyk dit so. 'n Regte twak en toonnaels winkeltjie maar mens kan darem lekker koel koeldrank en roomys en water hier koop.
Hierdie kameel is net gewone grootte en al ding waarop daar gery kan word by die motormuseum, die motors is te groot.
Hierdie ou het ernstig sy nek gekrap. Seker seer van al die opkyk na die groot motors.

Een van die Sheikh se 7 woestyn Mercedes wat spesiaal vir hom gemaak is. Groot genoeg dat William met gemak op die wiel kan sit. Wonder is daardie drom vir 'n olie lek?
Hierdie aardbol is 'n karavaan wat veronderstel is om deur een van die groot voertuie getrek te word. Amptelik is dit die grootste "trailer" en in die Guinness Book of World Records. Hierdie aardbol het agt slaapkamers en nege badkamers. Vir wat sal ek vra?