Thursday, July 12

Bowling op 'n koel en "cool" baan

Ons probeer die hitte ontduik in die lugverkoelde "bowling"bane. Ons is lekker vroeg daar (10 uur) en dis gewoonlik die tyd wat die locals nog slaap, so ons het die baan redelik amper vir onsself. Dit beteken dat selfs ek kan probeer die kegels teiken. Die vorige keer het ons by die Zayed sport city gebowl en vandag probeer ons die bane by die Marina Mall. (Geheim - deur hulle so besig te hou, hou ek hulle ook uit die winkels wat almal nou "sales" het)





William probeer sy beste om die orige kegels om te rol.


Dan is dit Nelmari se beurt om haar tegniek te wys.
Die balkeuse en nr is baie belangrik. Will soek sy kegelbal tussen die ander.


Nelmari weet ook met redelike sekerheid watter bal sy gebruik terwyl ek eerstens na die mooi kleure kyk, my vingers pas en dan watter nr dit is. Dit beteken dat my arms redelik gou lam word want meeste van die mooi ligblou balle is die groot nrs soos 14 terwyl ek eintlik met 'n 10 of 11 moet gooi - maar dan is hulle groen .....


Ek dink nie ek kan met so 'n aksie rol nie.
Daardie bal trek 'n bietjie links sussie!
Die telbord. Dis 'n swak foto en dit blurrrr maar as julle jul oe op 'n skrefie trek en mooi konsentreer sal julle sien dat naam nr 3 MA is en julle sal ook sien dat MA gewen het!!! Drie strikes en 3 spares .... nie sleg nie!!!



Na die tyd drink die kinders lekker vrugtesap. Waar dit so pers skyn is die restaurant. Dit is neonligte en party aande sit hulle die ligte op die baan ook aan en dan is dit net die kegels en
























1 comment:

Anonymous said...

Ek wil weet hoekom daar ni 'n foto van di wenner op di blog is ni...