Showing posts with label Kaap. Show all posts
Showing posts with label Kaap. Show all posts

Monday, February 7

Wind waai alles skoon

As julle gedink het die groen in SA het my heeltemal "gevang" tydens die paar kuierdaggies, dan is julle verkeerd WANT soos altyd is daar net een spesifieke plek wat my laat voel soos huis en dis Bloubergstrand. Die rede ?

DSC_0063

Die see, berg, vars lug, branders en alles saam op een plek. En met my een daggie van rondloop was 'n bonus, die wind ook ingegooi. Ja ek weet die Gautengers dink nie veel van die Kaapse dr nie, maar om so langs die see te sit en stap as mens dit nie het nie, is dit groot lekkerte.

Page1

Die seeperdjies het behoorlik gekattemaai in die wind en vir ander soos die branderplankryers en windsurfers, was dit 'n heerlike dag om uit te gaan op die see en die mooi blou lug was propvol kleur.

DSC_0081

Snaaks hier het die wind net soos in die woestyn by ons gewaai, en alhoewel die sand ook ernstig rondgewaai het, was dit lug nog skoon en nie so vol sand soos dit hier kan lyk nie. As daar wind-werkswinkels was, kon die Abu Dhabi wind gerus daar in die Kaap gaan klasse loop het.

DSC_0071

Met Ons Huisie wat defnitief vir my altyd 'n "moet" is, kon mens darem bietjie uitkyk oor die seevoels wat wees die wind maar op die grond gebly het.

Page2

Daar was nogal 'n lekker atmosfeer in die klein baaitjie met die studente wat die jaarlikse Akkerjol aan almal met baie oorspronklike segoed probeer verkoop het en die skolier van die private skool of Melkbosstrand wat met oorspronklike baniere tussen die twee dorpe langs die see gestap het om geld in te samel.

DSC_0076

Ai hier tussen die rotse en strand het ons as kinders ook baie gespeel en vissies gevang.

Een dag was nie genoeg nie, maar ten minste kon mens die regte see-batterye 'n bietjie laai tot 'n volgende keer.

Lekker bly!

Friday, October 5

Seuns op Vorie kamp

Dis altyd lekker om 'n "verslaggie" van die seuns te kry. Die afgelope vakansie is hulle af Kaap toe vir 'n kamp en hier is James se terugoering daarvan:

Dit was weer tyd vir die Bloemfontein Holloway (nou HollowayS) se jaarlikse trippie af Kaap toe vir die Graad 7 kamp van die Kaapse Voortrekkers. Dit was maar ‘n lang wag om daar te kom nie net oor die meer as 12h rit op die bus nie, maar ook oor die nuwe kamp terrein wat vir die eerste keer hierdie jaar gebruik word en die lesings wat ons sou moet aanbied.
Hier is ons die oggend al op Drie Susters na die aand se 12h00 opklim. Dit was nie ‘n slegte rit sover nie maar mens sukkel maar om goed te slaap. Daar is mos altyd mense voor jou wat hul stoele verder as nodig afslaan. Op hierdie stadium het ek maar net die vetplante besigtig en biejie vars lug geskep voor die res van die rit.Darem nou al tot Laingsburg gevorder en iets sĂȘ vir my hier was ek maar moeg van bus ry. Darem was dit afdraend van hier af en WAS ONS AL AMPER 2 URE AGTER SKEDULE!

Kom toe uiteindelik meer wakker by die kamp terrein aan die aand. Was maar te bly om van Bloemfontein se hitte te ontsnap en die koue van Betties Baai het nie te veel gepla nie.

Met die eerste naweek van die kamp net vir toetsing het ek en William maar ‘n rustige begin gehad. Kon gaan stap by die see, en net weer so bietjie in die hele ‘kamp’ ding se roetine inkom.

Toe die toetsing uiteindelik verby is kon die sports begin en hier is Oom Jan besig om ernstig iets te verduidelik. Natuurlik was dit ‘n Seekamp gewees so als van die branders tot strand plante moes verduidelik word.
Maar tussen in kon ons darem ook lui wees. Hier met ‘n stap langs die strand af vind die kinders uit hoe sag die bossies is. Net reg vir ‘n middag slapie terwyl die res van die groep opvang.

Ek moes toe ook die lesing wat ek en William moes doen oor branders en getye aanbied, maar ek dink nie William het iets geleer nie want hy was maar min byderhand.(Darem was hy daar om die foto's te neem seun) Met ‘n paar praktiese voorbeelde dink ek het van die kinders bietjie verstaan hoe die see werk.

Op een van die dae is ons af na die Harold Porter Botaniese Tuin, en die klomp verskillende plante was nogal opvallend. Ek dink die man was baie gelukkig om so tuin te he vir ‘n privaat tuin voor dit ‘n publieke tuin gemaak is.

Ons is ook af na Stoney Point waar die pikkewyne met hul happy feet broei. Hier is ‘n baie mooi foto van die ou hawe wat oorspronklik ‘n walvis dorpie was met ‘n ou boot wat al vir hoe lank gestrand le in die hawe.
Van die manne was nogal heel nuskierig vir die mense wat na hul kyk en het lekker saam gespeel vir al die fotos.

William was darem heel uitgerus die heel naweek en het die laaste paar dae sommer net met oom Jan se hoed rond geloop. Ek dink hy het dit ook darem geniet.
Dit maak natuurlik dat oom Jan moes ander maniere kry om sy kop warm te hou.


Nog foto’s sal volg later met nog so groep fototjie of twee. Maar in die algeheel kan ek nou se ons het ‘n lekker week op die kamp gehad en sal beslis volgende jaar terug kom om weer in die sports te kom deel.
Ek wag in spanning vir die ander foto's seun. Bly julle het dit geniet!!

Friday, May 4

Wat is die Kaap sonder reen

Nog 'n beriggie deur my korrespondent wat veronderstel is om op 'n werktrip te wees.

Die Transvalers het altyd van die Kaap as 'n "babatjie" gepraat, synde altyd nat en vol winde te wees en hierdie besoek het ek haar dan ook so beleef, maar die winter is mos oppad en reen die tyd van die jaar is hemel! (Het jy gesien hoe warm dit hier is, geniet die reen) Nie dat die reen my groepie gepla het nie, want as 'n man onderdak "shop" pla die natigheid buite mos nie juis nie. (Ek dog julle het gaan werk?) Geen besoek aan die Kaap is afgehandel as jy nie 'n foto van jouself teen Seinheuwel het nie en dit het ons dan ook sommer heel eerste uit die pad gekry.
Met die dat die manne maar traag opstaan in die oggend het ek dus Vrydag vroegdag teen die bergie kon uitry vir koffie. Van Hunk was egter ernstig besig om met die duiwel te kompeteer met die pyp en die berg was heeldag weggesteek.
Selfs teen laatmiddag onder uit die Waterfront was die uitsig maar skraps, maar hoe kan 'n man dan nou daar wees sonder om 'n foto of twee te neem om dit te onthou nie.
Lanklaas dat ek so "hand om die blaas" met Archie Tutu gestaan het.
(Dit lyk regtig asof dit met die werk en besigheid goed gaan)