Showing posts with label Oasis. Show all posts
Showing posts with label Oasis. Show all posts

Thursday, December 5

Stilte naweek in die natuur


Net so voor die besige tye tydens die feesseisoen, was dit kans vir 'n wegbreek vir ons jaarlikse Vroue Retreat.  

Page1

'n Paar van die vroue is nuut in die dorp en besluit om saam met ons in konvooi na die Weste te ry vir die geleentheid.  Ons beplan vooraf om te stop vir middagete en maak nie saak hoe lank mens in die land is nie, mens vergeet nog dat die klein plattelandse dorpies op 'n Vrydagoggend toe.  Gelukkig wag ons nie lang vir oopmaaktyd nie.   
Page2

Daarvandaan seker een van my gunsteling paaie na ons verblyf.  Die rede hoekom ek so mal is daaroor, is die groen van die bome met die woestyn in die agtergrond.  
Page3
Terwyl die vroue inburger in hulle slaapkamers word daar gewoel om die retreatgoed, musiek en "kombuis" reg tee kry.  Elriza het hard gewerk om vir ons 'n studie uit te werk en elke vrou kry 'n geskenkpakkie met haar boek, pen, joernaal, geskenkie en 'n retreat-beker met haar naam op. 
Page4

Dit is 'n silent retreat waar elkeen met God "kuier", praat en luister wat Hy se en dis so lekker dat ons dit buite in die natuur kan doen.  
Page5
Gedurende een van die sessies versier elkeen ook haar journal met 'n spesiale boodskap/prentjie. 
Page6

Die volgende dag word die stiltetyd voortgesit.    

Page8

Aan die einde van 'n baie geseende tyd, waar baie van ons antwoorde gekry het, is dit tyd vir ons laaste sessie en middagete voordat ons die langpad terug vat huistoe.

Monday, December 2

En toe is dit die Kersspel


Ons kinders was awesome tydens die Kersspel!
Page1
Natuurlik was klein Lara daar en ek sal nie die ouma ding regdoen as ek nie klomp foto's van haar opsit nie. Julle sal moet saamstem, dis een oulike engeltjie :-).
Page3

Die Kersspel het reg voor in Genesis begin waar Adam en Eva van die boom geeet het, .... Vader Abraham met sy baie seuns het lekker gesing en die profete was ook daar.  'n Lofprysingsdans deur ons tieners saam met Koning David en Kersliedere deur die kinders tussen-in was groot treffers by die gehoor.
Page4

Die herders, engeltjies en ander was so oulik en die gewildste "karakters" was verseker die wyse manne se klein kameeltjies :-).  
Page5

Die kinders was so oulik en net een "foutjie" toe Josef met Maria wou wegloop voordat die engel verskyn het.  As dit nie was dat die donkie agteruit geloop het om terug na die huis toe te gaan nie, sou niemand dit eers agtergekom het nie.  

Als en al was ons kinders uitstekend, die musiek was goed en die aand en boodskap is deur almal geniet!



Saturday, November 30

Voorbereiding vir ons Kersspel


En voor ons ons oe kon uitvee, was dit tyd om vir ons Kersspel voor te berei. Die instelling dat ons Kindergroep hier in Abu Dhabi, jaarliks 'n Kersspel opvoer, is in sy 4 de jaar en elke jaar word die voorbereiding en afwagting net groter en groter.  Die kinders en ouers is gebruik om die dekor te maak en hierdie pragtig skapies is deur ons kleintjies en hulle mamma's gemaak.  
DSC_0019

So 'n week voor die tyd is die gesiggies bietjie ingekleur om karakters te gee - party het selfs die skapies name gegee :-).
Page1_0
Maar daar mos nog 'n spaza winkel en stal kom en weereens het die mamma's gehelp om die bokse te omskep in 'n stel.
Page1
Vir die eerste keer het ons ook "versigtig" 'n oefening op 'n Saterdag gereel en ons kinders en ouers het ons nie teleurgestel nie, behalwe vir twee was almal daar.   Dit het beteken dat die hele Kersspel darem tussen 2-3 uur altesaam se oefening het ... nou kan die skare maar kom :-).
Page1_0

Natuurlik was klein Lara ook daar vir haar eerste Kersspel oefening en terwyl haar mamma en peetmamma die musiek geoefen het, het sy solank maatjies gemaak en op haar klavier geoefen vir wanneer sy dit moet doen.


Monday, November 18

Besie partytjie na kerk

Heelwat van ons huiskerk se mense het verjaar en dit is 'n goed genoeg rede om die belangrikste 1, om 1 te word saam te vier.
DSC_0027
Na die kerkdiens bid Elriza vir die verjaarsdagmaatjies.

Page2

Besies en feetjies was die tema, en almal is aangetrek vir die geleentheid.

Page3

Natuurlik moet daar nog foto'tjies van Lara geneem word na die tyd.  Lyk asof sy en Elriza 'n groot grap deel.


Saturday, November 9

Ons kuier in die Westelike rigting van die woestyn


Die afgelope paar maande het ons om die beurt verskillende dorpe in die Weste op Dinsdae en Vrydae besoek om saam met die mense daar te worship.  Elke keer was dit so wonderlik om nuwe en ou bekendes te ontmoet en saam met hulle kuier.  
Page2
Die laaste Vrydag besoek was by Ghiyati en daar is behoorlik gekuier na die diens.  
DSC_0272

Nie almal wou sit vir die foto nie, maar 'n vriendelike klomp mense is dit nie?  :-).  Was so lekker om saam met julle te kuier en so 'n groot blessing.

Sunday, October 13

Dhow vaart om die kus

En so kry ons eintlik kans om met 'n tradisionele dhow langs die kus van Oman te vaar...

Page1

'n Paar van die Oasis groep en vriende pak die 3+ uur busrit saam met ons aan Dibba toe.  Dis altyd lekker om saam met mense te ry wat plekke vir die eerste keer sien, en die berge van Fuijerah en Friday Market is 'n lekker nuutjie vir die mense.  Natuurlik moes ons gaan koffie koop met die kort stop by die mark.
Page3

Eintlik na 'n laaaaaaang tyd by paspoortbeheer tussen die UAE / Oman kan ons op die dhows klim en sommer gou-gou is klein Bradley aan die slaap terwyl die dominee en haar vriendin bietjie oefening doen na die lang sit op die bus :-).  
Page4

Dis regte mooi so al langs die Oman kuslyn en dan eintlik is ons by die klein hawe/inham waar ons die dag gaan kuier en aan allerhande wateraktiwiteite deelneem.

Page5

Daar word geswem, gesnorkel, gekayak, en piesangry die heeldag.  Daar word vir ons tradisionele kos vir middagete voorgesit

Page6

'n Paar uur later, met die son wat sak, is dit tyd vir die terugvaar.  Party ouens is behoorlik opgespeel.
DSC_1150
Terug by die hawe in Dibba

DSC_1145
Terwyl die son heeltemal sak, vat ons die lang busrit terug.  Wat 'n lekker dag saam met wonderlike mense!

Thursday, May 10

Van WOESTYN na OASIS - deel 2

Na die hitte van die berg het ons twee goed gesoek, water en koelte. Ek veronderstel baie baie jare terug toe 'n dorpie soos Al Ain nie so ontwikkel was nie, was dit die algemene gevoel van besoekers ook ... of miskien was dit die rede vir die besoek aan Al Ain, om koelte en water te kry Nie verniet dan dat die dorp die "Oasis City" genoem word nie. Dit saam met die naam "Garden City of the Gulf" sĂȘ vir 'n mens dat daar ten menste water is.
Ons stop by die Al Ain Oasis in die middel van die stad. Die plantasie is verdeel in klompe klein dadel plase met toegang vir boere en toeriste.
Die verskillende plase is met mure "afgeskort" en met paaie verbind. Daar is so 'n rustige gevoel as mens daar deurry.
In die middel van die Oasis is daar 'n klein restaurantjie. Hier is die ingang. Toe James klein was het hy sulke plekke stokkieshuise genoem, ek dink dit beskryf dit mooi.
Die binnekant van die restaurant met tradisionele sitplekke en kussing op die grond.
Natuurlik is daar water in 'n Oasis. Hierdie is net gebottel maar dit kom van Al Ain self.
Dit is baie mooi groen en mens wil half dink dit sal lekker wees om onder die bome te sit. Mense met hierdie hitte doen daai ou blare net mooi niks om die gloede af te keer nie. Dit bly warm!
Selfs 'n kruispad ... nerens 'n aanduiding dat twee van daai paaie so nou word dat jy verplig is om te erken dis 'n geen toegang en dan al jou trurat vernuf moet toets nie.
Binne die Oasis is daar ook twee klein moskees met natuurlik 'n wasplek.

Kyk hoe hang die groen dadels in die bome!

En dan net sodra mens heeltemal lekkerkry oor die "plaas" en "rustige" gevoel pop moderne tegnologie ook op ... wie kan dan vandag nog sonder die skottel al is die geriewe hoe primitief?

Die watervore wat tussen die bome loop.
Moenie laat hierdie prentjie jou bedrieg nie. As hier kraaie was het hulle gegaap!

Van die jong boompies in die plantasie. Hulle word vasgebind totdat hulle sterk genoeg is.

Na die Oasis vat ons die pad terug Abu Dhabi toe. Al Ain is ook bekend vir sy "round abouts" (sirkels). Hier is een wat soos 'n oase op sy eie lyk.

Die mooi rooi duine aan die anderkant van die pad met die groen palmbome is nie die prentjie wat ek altyd van 'n woestyn in my kop gehad het nie.



Duin van nader en mens kan die 4x4 se spore sien waar baie mense teen die duine op en af jaag met hulle groot motors.Ook langs die pad en vir my was dit sommer 'n mooi prentjie. Die groen met die duine.

Dit lyk meer soos die woestyn veronderstel is om te lyk. Die omgewing verander elke paar 100 meter.Dan die waarskuwing - Beware of Road Surprises. Wat kan dit wees?

Mens ry en ry en ry maar niks verrassings nie. Dis soos om jou verjaarsdaggeskenk in Januarie te kry maar dit nie oop te maak voor Desember nie. Ek het sommer maar besluit die mooi tuine rondom die brue sal 'n goeie Road Surprise wees want mens verwag dit mos nie in 'n woestyn nie.

En dan verlaat met die grense van Al Ain met 'n padbordjie was sĂȘ "Peace be with You".