Friday, May 11

Iemand vir 'n potjie golf in 'n sandbak?

Vandag het ons nog 'n Afrikaanse Kindergroep by die Afrikaanse kerk begin. Hulle kom by die klubhuis van die Al Ghazal Gholfklub bymekaar en ek het my behoorlik verkyk aan die sandbaan. Vir die golfspelers onder julle kyk bietjie na die uitdaging. Dit lyk soos daardie woestynfoto van my ne, maar dis die golfbaan. Kan jy dink hoe 'n witballetjie kan wegraak op die baan.
Gaatjie nr 2 lê wyd en wit. Die eienaardigheid van die baan maak dit 'n uitdaging vir die beginner en professionele spelers. Hier speel mens dat die sand so staan dink ek.

In plaas van "greens" is daar "browns". Dit word gemaak van gekompakte en behandelde sand en jy sal gou sien dat dit net so goed werk soos 'n gras setperk.Putjies 1, 16, 17 & 18 het watergate en bied 'n goeie uitdaging vir die spelers. Jy kry so 'n groen stukkie nagemaakte gras wat jy orals saam met jou dra en gebruik om die balletjie op te sit as jy afslaan.
Hulle sê dat behalwe vir die uitdaging van die baan, moet die spelers ook die "desert lizards" of "dhubs" in ag neem. Hulle grawe tonnels in die sand waarin die balletjie kan verdwyn. In so 'n geval geld Reel 24-2b maar jammer ouens dit werk nie as jy in 'n sandgat slaan nie. Ek weet nie presies hoe klassifiseer hulle wat is 'n sandgat en wat is nie, want alles is net sand. Hier is putjie 18 met die klubhuis op die agtergrond.

1 comment:

Sandra said...

Wonder wie die foto's geneem het?