 
  Dis wat mens sien as jy in die groot hoofmoskee instap. In hierdie saal kan 5000 mense bid. (Neem in ag dat hulle elkeen 'n oefening area rondom hulle moet hê vir die afbuk ens.)
Dis wat mens sien as jy in die groot hoofmoskee instap. In hierdie saal kan 5000 mense bid. (Neem in ag dat hulle elkeen 'n oefening area rondom hulle moet hê vir die afbuk ens.) Is dit nie indrukwekkend nie?  Daar is 7 van hulle in die moskee en is vir 'n bedrag van rondom Dhs30 miljoen aangekoop.  Kyk net die afwerking van die koepels.
Is dit nie indrukwekkend nie?  Daar is 7 van hulle in die moskee en is vir 'n bedrag van rondom Dhs30 miljoen aangekoop.  Kyk net die afwerking van die koepels. Orals is daar sulke vier pilare met sitplekke en plek waar hulle hul Quran kan lees.
Orals is daar sulke vier pilare met sitplekke en plek waar hulle hul Quran kan lees. Teen een van die mure is daar ook 'n horlosie met die bidtye op.
 Teen een van die mure is daar ook 'n horlosie met die bidtye op.   
 Ek vermoed dis die plek waar die imran van "preek" met die trappe na nerens (of is dit die verhogie?)
 Hierdie tapyt in die binnekant van die moskee is maklik so groot soos 2 rugbyvelde. Die mat is in Iran geweef deur 1200 Iranese vroue.  Dit het ook in die omgewing van Dhs30 miljoen gekos (Kyk bietjie by http://tussen-die-duine.blogspot.com/2007/08/nuus-uit-die-dorpie-alweer-die-grootste.html waar ek klomp inligting oor die mat deurgegee het.
Hierdie tapyt in die binnekant van die moskee is maklik so groot soos 2 rugbyvelde. Die mat is in Iran geweef deur 1200 Iranese vroue.  Dit het ook in die omgewing van Dhs30 miljoen gekos (Kyk bietjie by http://tussen-die-duine.blogspot.com/2007/08/nuus-uit-die-dorpie-alweer-die-grootste.html waar ek klomp inligting oor die mat deurgegee het.

 Hier kan mens nog van hulle werk sien.
Hier kan mens nog van hulle werk sien. 
 In die binnehof is die werkers nog ernstig besig om aan die marmervloere te werk. Daar is 1048 pilare rondom die binnehof. Niel en Charmaine verkyk hulle aan alles.
 
  
 Hierdie moskee is die derde grootste ter wêreld, en kan 40 000 mense akkommodeer.  Wanneer die werk en tuine klaar is, gaan die plek nog baie meer indrukkend vertoon. Mooi bord wat die kontrakteurs by die moskee op het ... iets wat ek graag vir al ons dorpe en stede by die huis, vir die nuwe jaar wil toewens.
Mooi bord wat die kontrakteurs by die moskee op het ... iets wat ek graag vir al ons dorpe en stede by die huis, vir die nuwe jaar wil toewens.
 
 
No comments:
Post a Comment