Showing posts with label Niel. Show all posts
Showing posts with label Niel. Show all posts

Monday, January 7

Nog moskee foto's

Nog so 'n paar van die foto's van die Sheikh Zayed moskee. Gister het ek julle vertel dat hulle beraamde koste vir die moskee $500 miljoen was in 2004. Ek lees dat begin verlede jaar die beraamde koste verander het na $700 miljoen. Sjoe dis klomp geld, maar as julle na die foto's kyk, sal julle sien dat geen koste ontsien is om hierdie moskee iets besonders te maak nie.
Van die deure in die moskeeDis wat mens sien as jy in die groot hoofmoskee instap. In hierdie saal kan 5000 mense bid. (Neem in ag dat hulle elkeen 'n oefening area rondom hulle moet hê vir die afbuk ens.)Is dit nie indrukwekkend nie? Daar is 7 van hulle in die moskee en is vir 'n bedrag van rondom Dhs30 miljoen aangekoop. Kyk net die afwerking van die koepels.Orals is daar sulke vier pilare met sitplekke en plek waar hulle hul Quran kan lees.

Teen een van die mure is daar ook 'n horlosie met die bidtye op.

Ek vermoed dis die plek waar die imran van "preek" met die trappe na nerens (of is dit die verhogie?)

Hierdie tapyt in die binnekant van die moskee is maklik so groot soos 2 rugbyvelde. Die mat is in Iran geweef deur 1200 Iranese vroue. Dit het ook in die omgewing van Dhs30 miljoen gekos (Kyk bietjie by http://tussen-die-duine.blogspot.com/2007/08/nuus-uit-die-dorpie-alweer-die-grootste.html waar ek klomp inligting oor die mat deurgegee het.

Sheikh Niel en Sheikha Charmaine binne die moskee. Ons moes alles toemaak voordat ons in die moskee kon gaan en natuurlik ons skoene ook uittrek
Net 'n bietjie besoekers so daar is nie baie skoene voor die deur nie. Die pilare se blompatrone van verskillende soorte stene gemaak is, kan mens mooi hier sien. Die span wat dit gedoen het, is van Indie en hulle het ook werk by die Taj Mahal en selfs Buckingham paleis gedoen.
Hier kan mens nog van hulle werk sien.

In die binnehof is die werkers nog ernstig besig om aan die marmervloere te werk. Daar is 1048 pilare rondom die binnehof. Niel en Charmaine verkyk hulle aan alles.

Op die regtekant sien julle een van die vier minarette wat elke 107 meter hoog is. Daar is altesaam 82 koepels deel van die moskee

Hierdie moskee is die derde grootste ter wêreld, en kan 40 000 mense akkommodeer. Wanneer die werk en tuine klaar is, gaan die plek nog baie meer indrukkend vertoon.

Mooi bord wat die kontrakteurs by die moskee op het ... iets wat ek graag vir al ons dorpe en stede by die huis, vir die nuwe jaar wil toewens.

Wednesday, January 2

Weer Dubai

Ons is nou nie verskriklike gereelde besoekers aan Dubai nie, maar as vriende en familie kom kuier is 'n besoek of twee aan van die malls daar 'n noodsaaklikheid. Met Charmaine se seun Niel hier het ons besluit om bietjie op Nuwe Jaarsdag Dubai aan te durf.
Nelmari lyk nie verskriklik geintereseerd in die pad nie en borduur hard aan 'n kussingsloop terwyl ek en James sing (ag tog goed julle kan dit nie hoor nie) en gesels. EN ......!!!!Die klein blou froggie in die oog hou want ons ken Dubai nie so goed nie en moet agter hom aanry. Sy eienaar het ons 'n paar keer probeer afskud.
Ons gaan draai weer by Canal Walk wat 'n vorige keer nog nie heeltemal voltooi was nie en James en Niel was nog glad nie daar nie. Hierdie is 'n stel trappe wat opgaan na die tweede vloer tussen 'n waterval/fontein deur. Sien doer bo is James, Nelmari en Niel. (O ja ek moet noem dat William se oujaarsaand braai so laat klaar was, dat hy nie kans gesien het om saam te kom nie)
Die pad Dubai was lank en ons besoek hierdie onheilige plek met al die roomys en sappe. Almal drink smoothies behalwe Nelmari wat tussen die twee glaskaste soos hierdie moet besluit op 'n roomys met ekstras.
Daai glimlag sê ek het bestel en kan nie wag nie....dit lyk alles so lekker.
Nou wag ons by die Abhra stasie vir die boot sodat ons langs die restaurante kan afvaar
Op die Abhra (watertaxi). Mens vaar so al langs die mall af en dan kan jy al die lekker restaurante en goed bekyk.
Dis 'n groot mall en om vinnig by Plug-Inns 'n draai te gaan maak, beteken 'n hele ent se stap en oa op die roltrappe onder deur die kersboom.
Net langs die malls is hierdie interessante woonstel kompleks in 'n ou arabiese boustyl ...dis baie mooi.
Ons volgende stop Madinat Jumeirah mall. Vir die wat gereeld my blog lees sal die naam en plek herken. Dis 'n moet en die mall is soos 'n ou Arabiese souk gebou...daar is 'n hotel en dis ook langs die Burj hotel ('n week of so terug het ek van Corli en Annie daar geblok) en hier is restaurante en ons soek kos. Die foto is van 'n deel van die hotel
Die hotelkamers aan die anderkant van die mall en "creek"
Hulle het ook abras wat die gaste na die hotel toe neem. "Toeriste" kan betaal en ook vir 'n rit gaan, maar vandag het die ouens 'n breuk gevat toe ons daar was.

Ons eet by Meat & Co 'n SA restaurant in Dubai met lekkerrrrr vleis. Een van die werkers het daar rondgeloop met 'n regte Madiba hemp en ons was baie bly om te hoor dat die restaurant Maart/April in Abu Dhabi oopmaak ......hou hierdie spasie dop!!

Wednesday, December 26

Eet, eet en nogmals eet

Ek dink julle almal weet waarvan ek praat as ek sê mens kan jouself nogal in 'n toestand eet tydens al die groot dae en feesvieringe. Ons het reeds met verlede week terwyl Annie en Corli hier was begin. As 'n laaste kuier/eet voor hulle vlug het ons gaan Friday Brunch by die Rotana hotel. Mense julle moet weet dat mens daar nogal kan eet totdat jy lam is.

Hier is 'n deel van die buffet. Al die restaurante in die hotel (en daar is nogal baie) pak kos uit en dan ipv jou doodeet by een restaurant, doen jy dit verskeie kere by al die restaurante.
Nelmari en Corli weet nie waar om te begin nie. Agter Corli is die nagereg buffet en iets wat mens nie kan mis nie.
Die twee durf die seekos buffet aan
Die weer is heerlik en ons kan buite sit en eet
Die volgende rondte en nou probeer hulle bietjie tradisioinele kosse
Water is gesond Annie!!
Die Mexikaanse kos word ook probeer
Almal verkeer vreetsaam
Nagereg word ook 'n viergang maal
Vrugte en water ....gesondheid!
So bietjie sjokolade en ander lekker goed ook
En roomys!!!
Nou ja toe Kersfees aanbreek is die buffet weer ons Kersete. (Mens moet nogal lank voor die tyd reeds bespreek) Die kosse is bykans dieselfde maar aan die groep wat optree kan mens sien dis nie ons gewone Buffet nie ---- dis Kersfees!
Die nagereg buffet is ook in 'n feestelik versier. Sjokolade in die vorm van kersbome en kersvaders ens. Sjoe die versoeking, wat vat mens en wat nie?
Oeps uitgevang ....Charmaine en haar seun Niel wat nou hier kuier
Van die hotel personeel sing kersliedjies terwyl hulle tussen die tafels deurstap.