Thursday, May 10

Van WOESTYN na OASIS - deel 2

Na die hitte van die berg het ons twee goed gesoek, water en koelte. Ek veronderstel baie baie jare terug toe 'n dorpie soos Al Ain nie so ontwikkel was nie, was dit die algemene gevoel van besoekers ook ... of miskien was dit die rede vir die besoek aan Al Ain, om koelte en water te kry Nie verniet dan dat die dorp die "Oasis City" genoem word nie. Dit saam met die naam "Garden City of the Gulf" sê vir 'n mens dat daar ten menste water is.
Ons stop by die Al Ain Oasis in die middel van die stad. Die plantasie is verdeel in klompe klein dadel plase met toegang vir boere en toeriste.
Die verskillende plase is met mure "afgeskort" en met paaie verbind. Daar is so 'n rustige gevoel as mens daar deurry.
In die middel van die Oasis is daar 'n klein restaurantjie. Hier is die ingang. Toe James klein was het hy sulke plekke stokkieshuise genoem, ek dink dit beskryf dit mooi.
Die binnekant van die restaurant met tradisionele sitplekke en kussing op die grond.
Natuurlik is daar water in 'n Oasis. Hierdie is net gebottel maar dit kom van Al Ain self.
Dit is baie mooi groen en mens wil half dink dit sal lekker wees om onder die bome te sit. Mense met hierdie hitte doen daai ou blare net mooi niks om die gloede af te keer nie. Dit bly warm!
Selfs 'n kruispad ... nerens 'n aanduiding dat twee van daai paaie so nou word dat jy verplig is om te erken dis 'n geen toegang en dan al jou trurat vernuf moet toets nie.
Binne die Oasis is daar ook twee klein moskees met natuurlik 'n wasplek.

Kyk hoe hang die groen dadels in die bome!

En dan net sodra mens heeltemal lekkerkry oor die "plaas" en "rustige" gevoel pop moderne tegnologie ook op ... wie kan dan vandag nog sonder die skottel al is die geriewe hoe primitief?

Die watervore wat tussen die bome loop.
Moenie laat hierdie prentjie jou bedrieg nie. As hier kraaie was het hulle gegaap!

Van die jong boompies in die plantasie. Hulle word vasgebind totdat hulle sterk genoeg is.

Na die Oasis vat ons die pad terug Abu Dhabi toe. Al Ain is ook bekend vir sy "round abouts" (sirkels). Hier is een wat soos 'n oase op sy eie lyk.

Die mooi rooi duine aan die anderkant van die pad met die groen palmbome is nie die prentjie wat ek altyd van 'n woestyn in my kop gehad het nie.



Duin van nader en mens kan die 4x4 se spore sien waar baie mense teen die duine op en af jaag met hulle groot motors.Ook langs die pad en vir my was dit sommer 'n mooi prentjie. Die groen met die duine.

Dit lyk meer soos die woestyn veronderstel is om te lyk. Die omgewing verander elke paar 100 meter.Dan die waarskuwing - Beware of Road Surprises. Wat kan dit wees?

Mens ry en ry en ry maar niks verrassings nie. Dis soos om jou verjaarsdaggeskenk in Januarie te kry maar dit nie oop te maak voor Desember nie. Ek het sommer maar besluit die mooi tuine rondom die brue sal 'n goeie Road Surprise wees want mens verwag dit mos nie in 'n woestyn nie.

En dan verlaat met die grense van Al Ain met 'n padbordjie was sê "Peace be with You".































































No comments: