Showing posts with label Ouma. Show all posts
Showing posts with label Ouma. Show all posts

Friday, January 18

Sommer lekker niks

Ons is nogsteeds op Onrus en ek kan vir julle vir dae seefoto's wys, (wat ek nog gaan doen) want die see lyk mos nooit 'n minuut na mekaar dieselfde nie. Die stilte en ver weg van die gewoel is baie lekker.
William se mondfluitjie speel verbeter by die dag. Sien die foon in sy hand? Hy surf die web vir mondfluitjie note (blase?) en speel dan so. Ons herken selfs van die liedjies. Alhoewel Kersfees nou al 'n maand gelede plaasgevind het, is veral Stille Nag baie sterk op die liedjie lys en vang ek hom kort-kort sit en speel.
Ons het ook heerlik saam met oom Jan en tannie Nell gekuier. Oom Jan was later toergids vir nog foto's van die see. Ronelle op die tafel lĂȘ jou prys vir die meeste reg raai, ek moes hulle eers wys en toe word dit natuurlik bespreek :-)
Terwyl ek lekker rustig sit, speel William en Ouma darts .....(Kliek op die foto as julle die byskrifte wil lees)
Die res van die huisgesin het gisteraand gearriveer en nou sien ons almal uit na die reunie more.

Wednesday, June 20

OUMA

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG. ONS WENS VIR JOU 'N JAAR VAN GOEIE GESONDHEID EN BAIE BLESSINGS TOE!!!

LIEFDE

HOLLOWAYS IN ABU DHABI


Ek kry nie altyd kans om 'n foto'tjie van haar te plaas nie so hier is 'n paar wat tydens

'n vorige vakansie aan Abu Dhabi geneem is.









HOOP JY IS LEKKER BEDERF VANDAG!!!!