Wednesday, July 4

'n Beriggie van Bloemfontein

So af en toe kry ek darem 'n beriggie en foto's van Bloemfontein af om te plaas al is dit partykeer 'n week laat. Hierdie gaan oor James se verjaarsdag 'n week of so terug.

Ek het baie hierdie jaar gedink oor hoe mens ouer raak en miskien meer volwasse en fancy verjaarsdae hou. Besluit toe maar dat daar nog baie tyd in die toekoms is en dat ek hierdie jaar net lui en rustig wil wees met niemand of niks wat my rondjaag nie.

Die aand voor my verjaarsdag het Murray en sy meisie my met 'n lekker ete verras. Op die foto sal jul sien dat ek duidelik die poeding baie geniet. Seker omdat ek geweet het als is vir my :-). Ongelukkig het Murray se kar nie so lekker saamgespeel nie en gaan staan. Ons kon dus die aand net in die sitkamer plak. Maak dit baie maklik om die volgende dag net lui te wees en TV te kyk en die verjaarsdag lekker rustig te begin. Dis toe ek die "sneeu" buite sien. My eerste gedagte was dit lyk net soos al die vorige Vrystaat sneeu wat ek al gesien het. My teorie is als gebeur stadiger en met minder "wow" hier. So die "glorified" kapok of hael goedjies het my nie teveel beindruk nie. Maar later kon ek sien dat die Vrystaat besluit het om vir my 'n verjaarsdag geskenk te gee, en net om te wys hy (Vrystaat) is nie so stil nie.
Die lekker sneeudag beteken toe ons kon 'n maraton van flieks by die mall gaan kyk en net rustig verkeer. Nogal 'n heel lekker verjaarsdag al moet ek dit self sê en die vriesende wind het sommer gemaak dat als bietjie stadig en met minder wow gebeur!




Ek kan nie regtig die sneeu sien nie seun, ek neem aan dis toe dit begin val het. Onthou jy die vakansie in Lebanon by die sneeuhut? Dis nou koud. Dink jy Vrystaat se sneeu kom hierby?

Jy in 'n diep gat wat julle in die sneeu gegrawe het en die eerste oggend se skoon krap van die motor nadat dit toegesneeu was.

Sneeu op die berge in NZ met ons kuiertjie daar Augustus verlede jaar. Jaaaaa Annie, ek hoor dis weer so koud maar ek hou van die koue!

4 comments:

Anonymous said...

Oooooooohhhhh dis so 'n cute ou karretjie, ek's mal daaroor!!!!

Anonymous said...

Ja, my pel Murray se GM is beslis 'n classic. En so maak dit almal op kampus herken hom. Net jamer die ou man gaan staan so maklik, dis nogal moeite om te stoot!

Anonymous said...

James, wie is die outjie met die aaklige swart hare op die fotos?
Hy lyk nes die duiwel in die Kinderbybel. Gelukkig nie my seun nie, hy is mooi blond met 'n netjiese haarstyl. HOOP EK!

Anonymous said...

Hi daar

Jip dis weer so koud. Dalk bietjie kouer as wat jy dit graag sal wil he. Gou jou fotos gekyk. My ma het gisteraand teruggekom van SA af. Se dit het RERIG gesneeu. Tot amper by Centurion blykbaar. Dit is nou van Johannesburg se kant af. Ons gaan vandag so 6oC sien ?!?!?!?!?

LEKKER NE

AN