Thursday, June 14

Waar is julle?

Ek is tans besig om my ou foto's te scan, op die rekenaar te liaseer en dan hopelik op CD's te brand sodat ons dit het en ek vir elke kind 'n CD of twee met sy/haar foto's kan gee. Dis lekker om so deur die ou herinneringe te grawe en so hier en daar gaan ek van die ou foto's gebruik om 'n paar bekendes op te spoor. Hier is die eerste paar van 3 persone wat hier in Abu Dhabi kom kuier het.


Ek verneem van 'n "betroubare" bron dat die drie op die foto's gereeld die blog lees, tog het ek lanklaas van enige van hulle gehoor. Wie is hulle?






Ek weet nie is hulle die drie wyse manne, die "see no evil, hear no evil, talk no evil" apies, die drie musketeers of drie toeriste nie.O ja ek kan ook noem dat hulle ook groot shoppers is. Kyk hulle eet op hierdie foto ook.
Ek hoor graag van julle drie of wil julle eers die ander foto's sien?




4 comments:

Anonymous said...

Sjoe, wie is daardie drie sexy mense?..............Jy laat ons verlang na die lekker kuiertjie. Het vir Belinda en Schalk laat weet om te kyk.
xx lalie

Anonymous said...

Wat se "sexy" mense? Kan bly wees net die ordentlike fotos word gewys, nie die van die woestynrit, ens, ens, nie!

O ja, julle kan maar weer 'n slag kom kuier hoor, dit is dalkies tyd om te sien hoe die plek verander het.

Anonymous said...

Ja so kan ons seker baie skandes uitbring!! Mense wat nie van hysers weet wat twee deure het nie, ens ens.... Weet jy dalk van wie ek praat? Gaan nou naweek hou! Liefde vir almal. XX

Sandra said...

Ek weet presies waarvan jy praat. Dubai sukkel nou nog om oor die gille in die hotel hysbak te kom - en ek vermoed die kelner is ook baie meer versigtig vir die hysbakke met toeriste in. Geniet die naweek!