Showing posts with label Schalk. Show all posts
Showing posts with label Schalk. Show all posts

Thursday, June 14

Waar is julle?

Ek is tans besig om my ou foto's te scan, op die rekenaar te liaseer en dan hopelik op CD's te brand sodat ons dit het en ek vir elke kind 'n CD of twee met sy/haar foto's kan gee. Dis lekker om so deur die ou herinneringe te grawe en so hier en daar gaan ek van die ou foto's gebruik om 'n paar bekendes op te spoor. Hier is die eerste paar van 3 persone wat hier in Abu Dhabi kom kuier het.


Ek verneem van 'n "betroubare" bron dat die drie op die foto's gereeld die blog lees, tog het ek lanklaas van enige van hulle gehoor. Wie is hulle?






Ek weet nie is hulle die drie wyse manne, die "see no evil, hear no evil, talk no evil" apies, die drie musketeers of drie toeriste nie.O ja ek kan ook noem dat hulle ook groot shoppers is. Kyk hulle eet op hierdie foto ook.
Ek hoor graag van julle drie of wil julle eers die ander foto's sien?