Wednesday, June 6

TWEE klaar, EEN om te gaan

Gisteraand was William se graduation. Dis iets wat van Amerika af kom en die naaste wat ons by die huis daaraan kom is die "prysuitdeling" aan die einde van die jaar. Die verskil is dat hierdie funksie slegs vir die "Graad 12's" is.



Netjies is die man uitgevat. Dis 'n groot affere hier en behalwe vir die "prom" (matriekafskeid) wat nog voorlĂȘ is hierdie die hoogtepunt van die Graad 12's se skoolloopbaan.



Dis te warm om te netjies te lyk besluit die man. Sy hemp sal maar moet uithang, maar gelukkig kan niemand dit onder die rok sien nie.



Aangesien die "royal" familie se dogter ook graduate, sal hulle ook teenwoordig wees en dit beteken geen kamera mag ingeneem word om die funksie af te neem nie. Ma moet maar die geleentheid by die huis gryp. Weens die belangrike familie se teenwoordigheid is almal ook vir die eerste keer "gescan" voor ons kon ingaan, fone met kameras moes ingehandig word en die polisie was orals.


Aan die einde van die funksie en die man is lekker moeg. Ons het na redelik baie toesprake moes luister en dan het die graad 12's ook 2 liedjies gesing. (En nee James, dit het nie beter geklink as julle groep nie - was ewe sleg). Toe is elke kind een vir een vorentoe geroep om sy/haar graad te ontvang. Van elkeen is gesĂȘ waar hy/sy gaan swot, wat sy prestasies gedurende die skoolloopbaan was en dan 'n foto geneem saam met die Sheikh wat die diploma oorhandig.
Hierdie was die uitnodiging waarsonder ons (met 'n identifikasie met foto) nie toegelaat was tot die funksie nie. En dit alles oor die royal-gesin.
Die funksie is by die officers klub gehou en nadat alles klaar was, het ons heerlike verversings en drinkgoed gehad. Hier is Nelmari en William besig om te snack.
Die aand se program. 66 leerlinge graduate. Hierdie groep is by universiteite in Kanada, Brittanje, Duitsland, Austria, Switzerland, Noorwee, Amerika, UAE, Australie en Suid-Afrika aanvaar vir verdere studies. Die klas van 2007 het ook 6 Suid-Afrikaners (Roxanne Myburgh, Riki Schutte, Lauren Smith, Almari vd Merwe, William en Stefan Jansen) in wat almal volgende jaar by die huis by Kovsies, Maties en Tukkies gaan studeer. Geluk klas van 2007!!







2 comments:

Desire Fourie said...

Moet se die manne lyk heel professioneel in hulle 'graduation' togas. Baie geluk

Dit klink na 'n groot shlep om elke keer om die blok te ry voor jy by jou huis kan arriveer. Maar ek moet se eerder die blok aandurf as die tronk.

Geniet dit om in Afrikaans te hoor hoe julle die vreemde ervaar. Hou so aan. Groete. Desire

Anonymous said...

Baie Geluk Boetie!! Die tyd gaan mar vinnig verby of wat se jy?!

Sterkte vir die volgende paar maande. Hou jouself mooi besig ne!