Friday, June 29

Ons verf 'n storm los

Dis weer tyd om 'n bietjie van ons nuutste Kindergroep te vertel. Ons kry nog gereeld elke week 'n nuwe kind of twee by wat die Kinderkerk kom bywoon. Alhoewel dit nou 'n stil tyd is en baie van die mense huistoe gaan vir vakansie, is ons bywoning goed en ons begin reeds uitsien na September wanneer ons amptelik die jaar kan begin.



Hier is van die kinders besig met lofprysing. Nelmari is ver regs en langs haar Elriza.



Na die sang kry Elriza beurt om die "kerk" te hou. Sy swot vir pastoor en dis haar eerste ondervinding van 'n woelige kinderkerk.

Ons leer dat Jesus die storms stilmaak en 'n groot skare met 2 vissies en 5 brode gevoed het. Hier is Christiaan besig om 'n storm te verf.


Hierdie storm word mooi beplan en uitgewerk

Hierdie mannetjie het 'n storm losgeverf ... op die papier, die vloer en klere
Dis lekker om so met die verf te mors. 'n Groot brander in wording
Hierdie man het 'n boot geverf en die papier in die helfde gedeel, hy gaan nie sy storm deel nie.



Nelmari mors net so lekker saam


Hierdie meisie het met die see begin en op haar romp geeindig. Ons moes haar heeltemal afwas in die badkamer voor sy huis toe is.
Ons lessie, sang en kos is altyd deel van die tema. Hier gee Elriza vir elkeen ons eetgoed van die dag. 5 klein kaasbroodjies met 2 beskuitjie vissies.


1 comment:

Anonymous said...

Haai
ook tog vandag na al jou fotos gekyk. Een van die dae is ons ook daar om te beleef
Annie