Saturday, August 25

Trippie na Fuijerah 3 - Oud, ouer en stok oud

Ek het uitgesien daarna om die ou Fujairah fort weer te sien. Die vorige keer toe ek daar was, het hulle nog ernstig aan die plek gerestoreer. Dit op sigself is 'n wonderwerk, want omdat die land nog so jonk is, restoreer hulle nie sommer plekke nie. Dit word oud en dan vervang hulle dit.



Die ou fort staan so 2km van die middedorp op 'n klipperige koppie met die Hajar Berge op die agtergrond. Vroeer jare was die fort die huis van die Fujairah heerser en sy familie.



Dis 'n groot kasteel wat in 1670 AD gebou is en bestaan uit 3 "toring" dele verbind met gange en sale wat omring is deur die fort gedeelte. Baie van die moddersteen huisies wat die fort omring het, is nog steeds daar maar slegs muurhoogte. Voor kan julle 'n ou verbrokkelde huisie sien.

Daar is 'n paar nuwes gebou, seker om te wys hoe dit regtig gelyk het. Mens kan nogal die geskiedenis van die plek self skryf as jy so daarna staan en kyk. Ek self het nie uitgeklim om foto's hier te neem nie, maar hier kan jy sien dat Charmaine vinnig terughardloop motor toe. Ja .... hier probeer mens vir die hitte weghardloop, maar dit gaan orals saam met jou.
Ons volgende geskiedkundige stop is die Al Bidya moskee. Hierdie moskee sit so teen die berg en is na beraming omtrent 400 jaar oud.


Die moskee het vier koepels wat met slegs een pillaar in stand gehou word en word as taamlik uniek vir daardie tydperk beskou. Dit het ook geen "minaret" nie en is die oudste "werkende" moskee in die UAE.Daar is 'n pad wat agterop loop na die "watchtowers". Ek's nie seker wat hulle "gewatch" het nie, maar die uitsig van daar oor die berge en see moet pragtig wees om te sien. Ons het vanwee die ouderdom, hitte en kniee nie die toggie aangedurf nie.
Die foto'tjie is binne die moskee geneem, maar omdat dit half skelm gemik was (daar was moslems in en jy mag hulle nie afneem nie), is dit 'n goeie verskoning vir die uit fokus wees. Maar net sodat julle 'n idee kan kry van al die matte aan die binnekant.

Nie 'n baie duidelike foto nie, maar daar is ook "rakke" ingebou waar die Quran spesiaal gehou is.
Ons het die geleentheid gekry om binne te gaan as ons die swart rokkie aantrek en ons skoene buite los.
Neem vinnig die foto dis warm, die grond brand en die swart trek die son nog meer aan ...






















2 comments:

Anonymous said...

Hierdie abaja fotos van ons is iets vir die argiewe. Dit sal seker nie maklik weer gebeur nie en volgende keer gaan ons in die winter dat ons die stappie na die watch tower kan aanpak. Jou navorsing oor die ou plekke is amazing. Ons leer baie van jou. Dankie maatjie

Anonymous said...

Ons sal moet vir die reunie a abaya vind vir jou mama!
Jy sal baie CUTE lyk!!