Monday, February 11

Kuiertjies in die Kaap

Die kuiertjie in die Kaap was maar kort, maar ons kom darem by 'n paar mense uitkom. So lekker gewees om saam met Des te kuier. Des wat die peetpa van die seuns is, is nou baie koppe korter as hulle. Johan het op Onrus 'n draai kom maak. Hier is hy saam met sy twee neefs William en James. Die Smithe bly sommer op Onrus, so daar is 'n paar keer saamgekuier, hier sit hulle om die vuurtjie vir 'n braaivleis. En ook vinnig 'n draaitjie op Swellendam by die Hammans. Wanneer kom julle Abu Dhabi toe?

Heel eerste dag ook 'n lekker kuier saam met die Du Toits en Campbells. (Ronelle spesiaal oor jou en Marie se gekla die foto waar ek op is). En net so terloops ek is nie besig om planne te beraam nie.

Ek dink die Kaap se foto's is nou afgehandel alhoewel ons nog honderde van die see het. Nou kom die trippie Bloemfontein toe.

ns Ronelle, dankie vir die mooi foto's van Clifton en ek stem saam mens moet ver soek om mooier te kry. Waar is jy op die foto?

2 comments:

Anonymous said...

Ek het by jou geleer... Probeer so min as moontlik of glad nie op
foto's wees!!

Anonymous said...

Lyk my ons het omtrent net gekuier. Geen wonder ek was so moeg toe ons in bloem aan kom nie.

Wag nou in spanning om te 'entertain' in ons huisie in bloem.