Monday, February 4

Melkskommel "boffin"

Tydens ons kuiertjie in SA en voordat die universiteit begin, het William besluit om net melkskommels te drink. Blykbaar is dit te duur om uit 'n student se sak te kom, dus moes hy die kans terwyl ons betaal gebruik. Elke plek se melkskommels is geroer, getoets en geproe en dan bepunt. Die uitslae was nogal nie wat ons gedink het dit sou wees nie.Loshande vyfde was 'n spur melkskommel. En ouens hy het nie net een spur s'n getoets nie, hy het klompe getoets en verskillende geure.In die 4de plek en 'n verrassing vir my was die Wimpy. Hulle mag dalkies nie weet van melkskommels nie, maar hulle ken van koffie. Derde (hulle was vir 'n tydjie eerste) was Maxi's in Menlyn.
In die tweede plek volgens hom, was die melkskommel by Eden op Onrus
en loshande eerste want ..... sĂȘ hy ..... dit smaak reg en die plek het 'n view was Fusions in Hermanus. Wat net weer wys dat die klein plekkies wat nie massas maak nie, meer effort insit. Dis nou regte roomys, nie geursels, ens. ens. ens.

Ek wonder hoe lank vat dit 'n student om van melkskommel proe na iets sterker soos ..... koffie proe te gaan?

No comments: