Showing posts with label Gastehuis. Show all posts
Showing posts with label Gastehuis. Show all posts

Saturday, February 9

Seuns werk bietjie in die vakansie

Ek het bietjie agtergeraak met al die foto's wat ek van die SA vakansie wil wys, so van tyd tot tyd gaan ek bietjie die nou "ou nuus" opsit.
Leanè se ma hulle het 'n nuwe gastehuis in Gansbaai (Die Kelders) oopgemaak en sy en die seuns het gaan "help" met die opening. Hier is James en Leanè besig om die eetgoed uit te pak.

William (so ewe met die das) en James (agter) kry die drinkgoed reg.

Hier sit van die mense op die gastehuis se stoep. Die huis se naam is "Whalewaters"

Daar is ook 'n lekker swembad. Kyk net die pragtige uitsig!
Die volgende oggend en die kinders eet ontbyt in die eetkamer.

Hierdie naweek was lekker besig met die Ester konferensie wat ons in Dubai bygewoon het en daarom was ek so stadig met die stories. Sal julle sommer gou van die amazing konferensie vertel.

Thursday, May 3

Suid-Afrika se beste gastehuis

Nog 'n berig deur ons korrespondent tans in Suid-Afrika - met die nodige kommentaar natuurlik.

Suid-Afrika se beste Gastehuis!!!!!

Dis seker wat baie mense probeer op roem, maar ek dink ek het die plek gevind wat wel tereg daarop mag aanspraak maak. Om drie baie punteneurige Emiratise en 'n welberese Suid-Afrikaan gelukkig te kry is geen maklike taak nie, maar net een besoek van vier nagte aan die Innjoy Gastehuis in Eldorainge het ons al vier oortuig. Nie net is die Gastehuis op wêreldstandaard mbt die afwerking en versorging van die fasiliteite nie, maar die diens en versterking van die "innerlike mens" laat 'n ou voel asof jy in enige van die Emirate se 7ster hotelle sit. Om nie eers te praat van my onlangse besoek aan Egipte ie. Ek is oortuig daarvan dat enige van die gaste wat saam met my in die Novotel aldaar in Cairo tuis gegaan het (teen 'n minimum van $150 per nag) sal glo hulle het in die hemel wakker geword as hulle by die Innjoy uit die bed klim.

Walda Badenhorst en haar span weet beslis waaroor diens gaan en die prys het my eers laat bollemakiesie (Genade, dit sou ek wou sien). Vir net R390 per nag, bed en ontbyt kry jy al die lekker van opregte outydse SA plaas-gasvryheid, omring deur 5ster weelde. Selfs toe ons teen R2200 per nag in die Kaap moes slaapplek kry, het die manne bly terugverlang Pretoria toe - en dit wil gedoen word. Vir enige Suid-Afrikaner oppad land toe vir 'n nag of meer, probeer die ouens en sien self wat ek bedoel!. Al die inligting soos web en tel nr. op die foto.

(Miskien moet ons die huis op Onrus ook so "adverteer")