Saturday, July 18

Terwyl ons uitbraai

Ja terwyl ons uitbraai in die hittige Abu Dhabi, is James en Leane in 'n veel koeler Onrus ernstig besig om aan die beplanning vir die troue te werk.

Page1

Soos julle kan sien is dit harde werk en dit hou mens ure besig want plekke moet bespreek word, gastelys moet opgetrek word, ens. Dit kan ure van mens se tyd vat.

Page2

Ten minste het hulle darem nou die "wedding-planner" (ai dit was sommer onsself in die vroee jare) gesien en die "venue" bespreek (foto regs in die hoekie). Ek kan sien dis nie 'n maklike twee maande vakansie nie seun ...julle twee moet die laaste paar dae saam geniet in die mooie ou Kaap en koue Bloemfontein. (Jaaaa maat, ek weet).

13 comments:

Nelmari said...

Ja nee...ek kan sien julle twee werk nie te hard nie. Dit is "tres" unfair! Kan ek kom help? :P

Ronelle said...

As ek onthou het die 2tjies is in Onrus sou ek die week gaan help beplan het aan die troue ;-)

James & Leane said...

Almal was welkom om te kom 'help' ja, maar ek twyfel baie mense gaan ons kom help koud kry in die vrystaat. :p Dit was heerlik by die see en selfs die hond wil nie huis toe gaan nie.

Sandra said...

Sussie kan jy nie sien hulle het hard gewerk nie "BU"

O ja wil jy my nou jaloers maak he Ronelel?

Ek sal seun het julle hulp nodig?

Anonymous said...

Hiehiehie...

Baie harde werk, inderdaad. Ek's skoon moeg gekyk. :-)

Charmaine said...

Dis te heerlik James en Leane.. so goed dat julle dit so geniet... en nou die koue Bloemfontein. Sterkte in emmervol daarvan.. wens ons kon vir julle so 15 grade stuur..ons het BAIE

Sandra said...

Ek stem boendoe dit maak mens moeg en vir my wat so na "huisfoto's" moet kyk sommer siek ook.

Ja koud gaan hulle kry maat en nou sal James die pampoensop weer 'n keer moet maak. Ek's bereid om hulle 20 grade te gee - nie leen nie, vir keeps!

Jan and Miekie said...

Watter lekker werk! 'n Troue!! My kinders noem my 'n "Events mens". As ek geweet het, het ek kom help... haha. Geniet elke oomblik van hierdie heerlike tyd!!

Desire Fourie said...

Ai, waars die dae ... julle moet die beplanning geniet ... dis baie keer die lekkerste deel van alles.
Mooi bly.

Sandra said...

Ag tog Miekie ek is mal oor reel en beplan en moes mooi belowe dat ek hulle sal los om self te beplan - ma sal net help met raad as dit gevra word. Ook reg met my want iewers moet mens begin om te leer om dinge self te doen.

Ek sit op die kantlyn en hou hulle dop Desire. Het hulle jou blog gegee en gese hulle moet loer vir uitnodiging idees - hulle wil dit self maak.

Thea said...

Vele hande maak ligte werk - lyk my hier's 'n klomp vrywilligers (ek inkluis) wat kon gaan help het! Maar ek dink daar sou meer gekuier gewees het as wat daar beplan sou geword het! :-)

Die tweetjie is baie bevoorreg om sommer so, terwyl hulle vakansie gehou het, saam te beplan vir hulle droom-troue!

Stuur maar bietjie vir ons van daai hitte hierdie kant toe Sandra!! Ons het dit nodig!

Sandra said...

Thea jong ons sal 'n kuier moet inkry - nie noodwendig by die lughawe nie :-)

Hoeveel grade wil jy he - ek sal dit in grootmaat stuur.

Thea said...

Laat weet net wanneer jy (julle) weer hierdie kant toe kom dan reël ek vir ons 'n lekker kuier!

Ek dink 10 grade sal die ding doen. Miskien is daar iemand anders wat die ander 10 kan gebruik. :-)