Uitgespaar dankie het 'n hele nuwe betekenis gekry gister nadat ek en Charmaine gister in 'n liederlike ongeluk betrokke was. Dit was ongelooflik hoe Vader Sy hand oor ons gehou het, en ook engele op ons pad gestuur het om ons te beskerm en by ons te wees, maar daarvan vertel ek volgende keer ...die skok en dankbaarheid voel nog bietjie te groot. 
Tanya en Werner Schultz wat die wonderlikste boekies vir kinderbediening skryf (loer bietjie hier) het kom kuier om 'n werkswinkel vir groepleiers en dienste vir Suid-Afrikaanse kinders in die UAE aan te bied.  Ek sal op ons kindergroep blog meer hiervan vertel, maar hierdie is spesiaal vir Tiana, Christiaan en Conroy om te sien wat hulle alles op hul eerste dag in Abu Dhabi aangevang het. Met ernstige digte mis moet hulle eers in Fuijerah land en 'n hele klomp uur wat voordat ons hulle eintlik kon kry. Ons moet 'n darem 'n bietjie die dorp wys en hier is die "bewys" foto dat hulle wel in Abu Dhabi is. Die Abu Dhabi skyline op die agtergrond.
Ek sal op ons kindergroep blog meer hiervan vertel, maar hierdie is spesiaal vir Tiana, Christiaan en Conroy om te sien wat hulle alles op hul eerste dag in Abu Dhabi aangevang het. Met ernstige digte mis moet hulle eers in Fuijerah land en 'n hele klomp uur wat voordat ons hulle eintlik kon kry. Ons moet 'n darem 'n bietjie die dorp wys en hier is die "bewys" foto dat hulle wel in Abu Dhabi is. Die Abu Dhabi skyline op die agtergrond.  Die grootste/hoogste vlagpaal in die wereld en die twee se arms kom nie eers halfpad om die paal nie. Kan julle dink hoe groot is die vlag wat daarop waai?
Die grootste/hoogste vlagpaal in die wereld en die twee se arms kom nie eers halfpad om die paal nie. Kan julle dink hoe groot is die vlag wat daarop waai?  Ons gaan eet by die Al Dhafra restaurant om hulle bietjie van die tradisionele disse te wys en dis so 'n mooi aand. Van hierdie bote vaaruit en mens kan op hulle sit/le en tradisionele kos eet. Al wat vir my teen hierdie tel is dat mens eers hier van 10nm kan eet en dit is baie ver te laat vir my.
Ons gaan eet by die Al Dhafra restaurant om hulle bietjie van die tradisionele disse te wys en dis so 'n mooi aand. Van hierdie bote vaaruit en mens kan op hulle sit/le en tradisionele kos eet. Al wat vir my teen hierdie tel is dat mens eers hier van 10nm kan eet en dit is baie ver te laat vir my.  Ons moet in die restaurant se ontvangs wag en hier sit die drie sheikhas so onder die sheikhs se foto's ... uitgespaar!
Ons moet in die restaurant se ontvangs wag en hier sit die drie sheikhas so onder die sheikhs se foto's ... uitgespaar!  Die twee van hulle lyk reg om al die nuwe disse te probeer.
Die twee van hulle lyk reg om al die nuwe disse te probeer.  Tania en Charmaine loer na die vis tafel maar oa die haaie wat daar le, laat my besluit dat ek liewer net by die ander kosse sal bly vanaand.
Tania en Charmaine loer na die vis tafel maar oa die haaie wat daar le, laat my besluit dat ek liewer net by die ander kosse sal bly vanaand.  Die twee loer na al die disse voordat daar besluit word wat om te probeer.
Die twee loer na al die disse voordat daar besluit word wat om te probeer.  'n Man in tradisionel drag kom skink vir die twee Arabiese koffie
'n Man in tradisionel drag kom skink vir die twee Arabiese koffie
Charmaine vertel van die eerste keer dat sy die koffie geproe het en Tania moet proe want ons wil haar gesig sien. Sy hou 'n goeie "pose" :-).  Tania later met 'n paar verskillende drankies voor haar. Party wil sy van weghardloop soos die koffie en daai klein glase met die "tamarind"  drankie wat soos parfuum proe. Dit is van 'n boomvrug en word ook die Indiese dadel genoem. Die groen een is 'n "lemon & mint" drankie wat baie tradisioneel is en die oranje een vars mango sap. Die land dood oor vars sappe en dis baie lekker.
Tania later met 'n paar verskillende drankies voor haar. Party wil sy van weghardloop soos die koffie en daai klein glase met die "tamarind"  drankie wat soos parfuum proe. Dit is van 'n boomvrug en word ook die Indiese dadel genoem. Die groen een is 'n "lemon & mint" drankie wat baie tradisioneel is en die oranje een vars mango sap. Die land dood oor vars sappe en dis baie lekker.  Na al die eet is dit tyd vir nagereg en hier skep Tania van die "Um Ali". Die Um gedeelte beteken "ma" en die dis is vernoem na die ma van Ali wat dit gemaak het. Dit smaak baie soos broodpoeding en word oa van croissante, melk, kaneel, rosyne, pistachos, almond, rooswater en suiker gemaak. Terloops as ek 'n lekker dis kon "uitdink" sou dit bekend staan as Um James :-).
Na al die eet is dit tyd vir nagereg en hier skep Tania van die "Um Ali". Die Um gedeelte beteken "ma" en die dis is vernoem na die ma van Ali wat dit gemaak het. Dit smaak baie soos broodpoeding en word oa van croissante, melk, kaneel, rosyne, pistachos, almond, rooswater en suiker gemaak. Terloops as ek 'n lekker dis kon "uitdink" sou dit bekend staan as Um James :-).  Bo-op al die soetgoed kom bak hulle klein deegkoekies wat amper soos 'n kruis tussen vetkoek en koeksisters smaak en dan gooi jy sulke dadelstroop bo-oor. Dis blykbaar lekker maar ek is mos nie 'n dadel eter nie.
Bo-op al die soetgoed kom bak hulle klein deegkoekies wat amper soos 'n kruis tussen vetkoek en koeksisters smaak en dan gooi jy sulke dadelstroop bo-oor. Dis blykbaar lekker maar ek is mos nie 'n dadel eter nie.  Na ons magies lekker vol is neem die eienaar vir die twee as 'n spesiale guns na die VIP eetgedeelte en daar kan klomp foto's geneem word. Dis baie goud.
Na ons magies lekker vol is neem die eienaar vir die twee as 'n spesiale guns na die VIP eetgedeelte en daar kan klomp foto's geneem word. Dis baie goud.  Ons groet en ons hande word gewas met rooswater voordat ons die restaurant verlaat. Vandag werk hulle met die kinders van Dubai, Sharjah en Abu Dhabi so ons gaan baie rondry en besig wees.
Ons groet en ons hande word gewas met rooswater voordat ons die restaurant verlaat. Vandag werk hulle met die kinders van Dubai, Sharjah en Abu Dhabi so ons gaan baie rondry en besig wees.
 
 
 Maar Saterdag is selfs dit oortref met ...... SNEEU!
Maar Saterdag is selfs dit oortref met ...... SNEEU!  Jip glo dit maar, maar hier in die woestyn waar ons behoorlik dood van die hitte in die somer was dit ysig koud en die berge van Ras Al Khaimah was toe onder die sneeu.
Jip glo dit maar, maar hier in die woestyn waar ons behoorlik dood van die hitte in die somer was dit ysig koud en die berge van Ras Al Khaimah was toe onder die sneeu.  Dit was die tweede keer in die geskiedenis van die land dat daar sneeu geval het en temperatuur tot so laag as 1C gedaal het. Volgens die koerant was die sneeu oor 'n 5 km area en 'n hele 10cm diep.
Dit was die tweede keer in die geskiedenis van die land dat daar sneeu geval het en temperatuur tot so laag as 1C gedaal het. Volgens die koerant was die sneeu oor 'n 5 km area en 'n hele 10cm diep.  Interessant is dat sneeu so skaars is in hierdie land dat daar in hulle woordeskat nie 'n woord is wat "sneeuval" beskryf nie. Die eerste sneeuval was gedurende Desember 2004. En net om te wys dat hierdie land nie "normaal" is nie, sal die temperatuur die volgende paar dae net so in 'n koue omgewing van 23/24 C grade bly.
Interessant is dat sneeu so skaars is in hierdie land dat daar in hulle woordeskat nie 'n woord is wat "sneeuval" beskryf nie. Die eerste sneeuval was gedurende Desember 2004. En net om te wys dat hierdie land nie "normaal" is nie, sal die temperatuur die volgende paar dae net so in 'n koue omgewing van 23/24 C grade bly.
 So hoe maak een land teen 'n land wat nie bestaan nie oorlog? Of gebruik hulle juis die oorlog om dit te regverdig dat die land nie moet bestaan nie? Ek weet nie, maar wat ek wel weet is dat daar 'n ongelooflike fondsinsameling geloots is en ek het belowe om te vertel hoeveel is ingesamel. Dit het begin met 'n inbel en binne 'n uur het hulle Dh12 miljoen (R28 miljoen) ingesamel was. Aan die einde van die 7 uur sessie was daar 'n verbysterde Dhs315 miljoen (R800 miljoen)!! Dan het die sheikhs van Abu Dhabi en Dubai aangebied om 1200 huise te herbou, een van die minister-sheikhs 100 huise, een van die hospitale skenk Dh1.4 miljoen (R3miljoen) se mediese toerusting en 'n ander sheikh gaan by een van die hospitale daar 'n vleuel aanbou, 'n paar parlementeslede oa Dh 15- , Dh5-, Dh3- en Dh10 miljoen geskenk (Kan jy dink wat is hulle salaris?) Maar dis nog nie die einde nie en die insameling hou aan tot iewers in Februarie. Die skenkers kan die bedrag darem van hulle belasting aftrek.
So hoe maak een land teen 'n land wat nie bestaan nie oorlog? Of gebruik hulle juis die oorlog om dit te regverdig dat die land nie moet bestaan nie? Ek weet nie, maar wat ek wel weet is dat daar 'n ongelooflike fondsinsameling geloots is en ek het belowe om te vertel hoeveel is ingesamel. Dit het begin met 'n inbel en binne 'n uur het hulle Dh12 miljoen (R28 miljoen) ingesamel was. Aan die einde van die 7 uur sessie was daar 'n verbysterde Dhs315 miljoen (R800 miljoen)!! Dan het die sheikhs van Abu Dhabi en Dubai aangebied om 1200 huise te herbou, een van die minister-sheikhs 100 huise, een van die hospitale skenk Dh1.4 miljoen (R3miljoen) se mediese toerusting en 'n ander sheikh gaan by een van die hospitale daar 'n vleuel aanbou, 'n paar parlementeslede oa Dh 15- , Dh5-, Dh3- en Dh10 miljoen geskenk (Kan jy dink wat is hulle salaris?) Maar dis nog nie die einde nie en die insameling hou aan tot iewers in Februarie. Die skenkers kan die bedrag darem van hulle belasting aftrek.  Ek leer nou eers dat hulle iets soos 'n Zakat (belasting) moet betaal. Dit "reinig" hulle hart van "greed" en "selfishness" en so kry hulle dan ook groter erkenning van "Allah". Elke moslem is verplig om 2% van sy rykdom jaarliks so te skenk. Dink net as dhs15 miljoen (omtrent R35 miljoen) 2% van jou inkomste is wat verdien jy. En ek sal net kan doen met 'n miljoen ....
Ek leer nou eers dat hulle iets soos 'n Zakat (belasting) moet betaal. Dit "reinig" hulle hart van "greed" en "selfishness" en so kry hulle dan ook groter erkenning van "Allah". Elke moslem is verplig om 2% van sy rykdom jaarliks so te skenk. Dink net as dhs15 miljoen (omtrent R35 miljoen) 2% van jou inkomste is wat verdien jy. En ek sal net kan doen met 'n miljoen ....