Thursday, January 8

Mej/Mnr Kameel 2009

In April 2008 is die eerste "camel festival" gehou en onlangs weer was dit weer tyd vir die Al Dhafra Camel Festival waar meer as 24000 kamele verwag is om deel te neem in verskeie kompetisies onder andere 'n skoonheidskompetisie. En omdat ek weet hier is mense wat hier lees en van kamele hou, spesiaal 'n verslaggie.

Die feesvieringe sluit onder andere 'n skoonheidskompetisie wat "Mazayina" genoem word, vir kamele in, ek weet nie of die wenner Juffrou Abu Dhabi kameel of wat genoem word nie, 'n kameel veiling, kompetisie vir die verpakking van dadels (dis nou nie deur die kamele nie) en 'n craft mark waar vroue meeding in tradisionele handwerk. En dan is daar nog 'n beste foto kompetisie en 'n gedigte oor kamele kompetisie. Hierdie kameel is duidelik nie gelukkig met die reels van die kompetisie nie.

Die "Mazayina" kompetisie het inskrywings van 2000 kameeleienaars gekry wat omtrent 24000 kamele sal wees en die pryse beloop meer as Dhs40 miljoen (R100 miljoen). Hierdie kameel lyk na 'n goeie kandidaat vir 'n prys.By die souk (julle weet nou dis 'n straatmark ne?) was daar 150 winkels waar hulle ook tradisionele vaardighede mbt handwerk gewys het en 1100 het hier deelgeneem. Die mense het sommer tydens die fees tent/kamp opgeslaan in die woestyn.


Maar dis oor die kamele wat die festival gaan en die organiseerders wil deur hierdie poging probeer om sekere Asayed (pedigree) en Majahim (donker-kamele) behoue te laat bly. Verlede jaar was die beste prys vir 'n kameel op die veiling Dhs15 miljoen. Die wenner is op die 2de Januarie aangewys, maar die "naam" is nie bekend gemaak nie. Hulle het wel gese dat die eienaar van die wenkameel oa 'n Range Rover gewen het. Kyk net hierdie deelnemer se gesig is selfs "gehenna" vir die geleentheid.


Dis baie geld vir 'n kameel ek stem, maar die land is ook besig om op die oomblik 'n groot fondsinsameling te loots vir kinders in oorloggeteisterde lande en ek sal later vertel hoeveel ingesamel is --- ek sal wed dit baie meer as daai kameel se koste.
Die foto's het ek in die Gulf News gekry

16 comments:

mariki said...

Is dit nou nie interessant (so in die sand), nie. Liewer "Mej. Kameel" vir 'n dier as vir 'n meisie -- maar ek dink as 'n meisie daai prysgeld kon wen, sou ek tog oorweeg het om my dogter in te skryf!!

Dankie, lekker gelees.

Nimsi se Blog said...

Haai Sandra, wat n interessante lewe het julle net nie daar in die woestyn nie! Baie dankie jong dat jy dit alles met ons deel.
Nimsi

Thea said...

Hehehe... Dis nou baie interessant Sandra!!

Suzaan said...

My kollegas het nou vir my gevra of ek 'n snaakse e-pos gekry het dat ek so smile, maar eintlik was dit die Mej Kameel inskrywing wat ek besig was om te lees!!

Dit was nou snaaks...

Anonymous said...

Mariki ja so 'n kamp in die woestyn kan erger as enige Voortrekkerkamp in die reen wees.

Dit lyk asof hierdie ouens gemaklik in 'n hoe moderne gebou en woestyn kan wees sonder probleem Nimsi

Thea dink jy daai laaste kameel is 'n Muriel-kameel?

Anonymous said...

Hierdie mense se manier van doen is partykeer baie snaaks Suzaan! Dankie vir die inloer :-)

Anonymous said...

Dit lyk nou na my tipe vermaak! Ek vrek oor so mengelmoes van goeters.
En ek kry baie meer respek vir julle woestynland. As hulle darem hul diere ook belangrik ag...en boonop geld insamel vir mense ook...puik! Ek sien uit na daardie storie - oor die geldinsameling vir die kinders.

Thea said...

O beslis Sandra! LOL!!

Sandra said...

Boendoe ongelukkig dink ek die kameel word baie beter as hulle vroue behandel :-). Sal julle van die insameling vertel.

Thea en dit lyk vir my asof daai Muriel kameel nog iets te se het ook :-)

Charmaine said...

Kyk hoe kostelik is daardie ander kameel wat die een met die gehena-de gesig so bekyk :-) Sy dink seker dis unfair... mens moet op jou natuurlike looks beoordeel word.

Anonymous said...

Mmmm ek kan onthou van donker kamele en ligte kamele en waar hulle vandaan kom en hoeveel hulle kos en hoe my kop gejeuk het ne Charmaine-joune ook- dit was baie pret. Die wat ons gesien het was seker nie so duur nie. Ek hou van hulle tosseltjies. En was daar kleintjies Sandra?
Annie

Muriel said...

Whaaaaaa! Dit is fantasties en die pragtigste liefste diere.

Kyk hoe sleek, stylish and radiant with charisma!!!!

Die laaste een is pragtig maar die tweede laaste swart kameel is my gunsteling, ek het nie eers geweet mens kry swart kamele nie.
Ag eindelik is hulle almal mooi want elkeen het sy eie persoonlikheid.

Die tweede een het die pragtigste bene. Ek dink sy kan Mej Bene gewen het!

Baie dankie Sandra dit was nou weer 'n na aan die hart inskrywing vir my!

Nou kan ek gaan slaap en van kamele en Sheiks droom. he he Hoe lekker om die dag so af te sluit.

Hierdie mense doen wonderlike werk ek voel nou sommer stukke beter. Ek het gesulk oor die kinders in die oorlog! Nee ek jok dit was al verby sulk, eerder so waterige oge sulk!
Dus mens moet ook weet nie al die Arabiere moet oor dieselfde kam geskeer word nie. En ek het dit nogal baie sien gebeur in die nuus die laaste tyd.

Dankie vir die inskrywing Sandra!

Anonymous said...

Nee maat ek dink nie daai's 'n unfair kyk nie, dis 'n "wat op aarde het hulle met jou aangevang" kyk :-)

Annie jy moet net noem dat die jeukery nie van die kamele afgekom het nie, maar wel van die skoon-hoed wat julle op julle koppe gesit het :-)

Ek dink die organiseerders sal hou van die idee vir 'n Mej Bene onder die kamele want dis mos belangrik in die resies-kamele Muriel.

En ja Muriel al die Arabiere is nie dieselfde nie, hier word baie goed gedoen ook. Ek kan nogal vurig word oor wat met kinders aangevang word en nou praat ek nie net in die oorlog nie, maar in huise elke dag in elke land en alle mense.

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Die swart kamele is besonders!! Maar ek moet sĂȘ die dame met die Henna gesigsmasker is nou maar net die kersie op die koek :-)

Desire Fourie said...

Dankie vir hierdie interessant skrywe. Ek lag nou te lekker vir die mede-deelnemer wat so jaloers en afgunstig staar na die gehennade kameel in die laaste foto. Mooi bly.

Sandra said...

Ek hou ook van die swart kamele Beatrix. Dink jy die henna-kameel het dalk 'n vrou as "baas" dat sy so opgemaak is?

Welkom terug Desire. 'n Skoonheidskompetisie het darem altyd sy kwota afguns ne :-)