Wednesday, January 7

Vir die mamma van die besoekertjies

Mommy Christine here's some photo's to show what we've been up to.



Nog op die lysie van "om te doen" was golflesse en gelukkig is die baan sommer in dieselfde straat as waar ons bly so die tweetjies kan elke dag 'n les bywoon. Stella op die driving range waar sy haar swaai oefen. Leo doen dieselfde. Hulle gaan ook vir 'n sessie om deur 'n video geanaliseer te word en hulle swaai met oa Tiger Woods s'n te vergelyk en dit geniet hulle baie. Met die terugkom is hulle sommer vuur en vlam om die bal verder te slaan. Die "pro" wat hulle lesse gee Craig help Stella bietjie met die setwerk. Leo oefen sy setwerk met 'n spelletjie. Op 'n ander geleentheid oefen hulle om uit die sandbank te kom en doen dit dat die sand so staan. Gister het hulle op die baan by die water gaan oefen en daarvan het ek nog ongelukkig nie foto's geneem nie. Die nuwe rollemskaatse :-) word ook uitprobeer langs die nuwe Cornish wat ook 'n blok of so van ons huis is. Toe hulle eers spoed optel kan mens hulle nie keer nie - maar dis ook so veilig en stil dat dit nie 'n probleem is nie. En indien julle gewonder het ... ja daardie spieelgladde stil water aan hulle regterkant is die see! Die mangrove is in die middel. Maar alle pret kom ook op 'n einde. Hier wag die tweetjies vir William by die dolfyne waterval om hulle te kom oplaai. Dit gaan goed met die Afrikaans en die tweetjies is baie oulik en kom mooi reg. (Oor die Frans se ons maar niks nie)

8 comments:

mariki said...

Ai, kindwees is darem maar lekker!

Nimsi se Blog said...

Verseker sal hierdie tweetjies nie sommer gou hierdie afrikaanse klas vergeet nie! Ek glo nie hulle is vreeslik haastig om terug te gaan nie.
Nimsi

Sandra said...

Dis lekker om weer te sien hoe kleinkinders dink en doen Mariki.

Nimsi ek dink hulle begin nou hulle mamma ergstig mis. Dis 'n lang tydjie vir 8/9 jariges so sonder hulle mamma.

Muriel said...

Dit lyk lekker! Ek kan glo hulle begin na hulle mamma verlang :)

Paula said...

Dit lyk asof hulle mooi regkom met die golf :)

Sandra said...

Muriel dis darem nog net 'n paar slapies vir hulle en voor dit moet ons nog gaan ski ens. :-)

Paula hulle kom nogal heel oulik reg met die golf en die pro is beindruk.

Charmaine said...

Die tweetjies lyk soos regte pro's.. Maat sal ons saaam met hulle gaaan spring met daardie springhaas skoene van ons?

Sandra said...

Neem asb ons ouderdomme in ag maat en ai tog jy weet hoe staar die mense as ons soos kangeroes aangehop kom