Saturday, January 17

Waar is die rus?

Ek lees so in die bloggemeenskap en hoor van vriende dat hierdie jaar 2009 met 'n slag weggespring het en mense net nie meer tyd het vir alles en almal nie. Mens het al amper vergeet jy het vakansie gehou en benodig weer een. Die onderwerp pas so mooi in by ons vroue scrapstudie wat nou weer begin het .... Rus! Vrae soos "Watter soort rus gee God vir ons?, Wat doen jy as jy desperaat voel? Waarom het God 'n dag van rus geneem? Wat is die konneksie tussen vertroue en vrede? Slaap jy rustig en sonder vrees? ens. ens.
Die moeilike taak was om in die besige Desember/ Januarie tyd te gemaak het om ons scrapblad te maak en 50% het :-). Ek's seker die ander gaan nou vinnig volg. Kyk net bietjie na die oulike bladsye wat elkeen se "Rus" voorstel.



Voel jy vandag moeg en uitgeput en het ernstig rus nodig?

"28. Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en Sy insig is ondeurgrondelik. 29. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk die wat nie meer kan nie. 30. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31. maar die wast op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."


Julle ouens wat nog met bladsye stuur, ons sien uit daarna om hulle te ontvang en die wat wil saam scrap en studie, julle bladsye is ook welkom.

Rus nou lekker die week want volgende week is ons onderwerp "Fun" en die damesgroep gaan Global Village toe daarvoor ..... !!!! Hou hierdie spasie dop.


11 comments:

Jan and Miekie said...

Ai die mense is darem so kreatief - soveel verskillende en doeltreffende maniere om rus uit te druk. Baie mooi. Myne sou wees as passasier in die kar: ek slaap lekker in 'n motor en Jan gee nie om nie. Hy is bly ons vertrou hom almal so. Iets soos ons kan maar slaap in die lewensmotor - as God aan die stuur is kan ons ontspan, ons sal veilig aankom.

Desire Fourie said...

Dankie vir 'n baie inspirerende inskrywing. Kan sien die dames het hul uitlegte met dedikasie aangepak. Geniet die uitdagings wat daar vir julle die res van 2009 gestel gaan word. Mooi bly.

Thea said...

Baie mooi inskrywing Sandra! Kan glo dit was 'n lekker onderwerp vir bespreking. Julle volgende onderwerp en meegaande uitstappie klink heel opwindend!!

Anonymous said...

Ja, regtig 'n mooi inskrywing. Gee my in elk geval sommer 'n gevoel van rustigheid om hier by jou in te loer, Sandra. Julle bladsye lyk almal stunning!

Dorette said...

Daai versie in Jesaja was my matriekvakansie se versie! Ek en my koshuiskamermaat het na die matriekeksamen op 'n CSV staptoer gegaan, en die hele Cathedral Peak uit gechant: "Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en raak nie moeg nie" :-)

Fisiese uitputting na 'n lang eksamen met min oefen tussendeur, maar die rus in die Here was die eintlike rus wat ons nodig gehad het - beter rus kon ons nerens anders kry nie.

Geniet volgende week se "Fun!"

Muriel said...

Mmmmm hier is darem mooi bladsye!!! Pragtig!

Rus, ek benodig rus alweer dringend. Dit voel of ek laas jaar laas vakansie gehad het! whahaha

Ek kom agter almal se jaar het met 'n "bang" begin!

Lekker week!!!
x x

Anonymous said...

Miekie dis waar ons moet die bestuurder van ons lewens vertrou met alles, dan sal ons nie so jaag om ons eie planne uit te voer nie.

Desire ons oefen nog hard met hierdie scrapding, maar dis baie lekker om dit so saam te doen en ons leer .....

Weet net nie hoe goed dit gaan wees om die dames op die Global Village los te laat nie .... veral sekeres van hulle, maar ja julle sal verseker die hele storie hoor

Anonymous said...

Boendoe ons is nog nie op die scrapboek-vlak nie, maar glo my ons is trots op wat ons mee opeindig elke keer. Jy moet hoor hoe prys ons mekaar :-)

Dorette dis so waar. As ons Vader se rus het, dan kan mens rondhardloop en dinge doen en jy voel rustig, rustig van binne.

Jy moet bietjie rustiger wees vriendin anders gaan die jaar lank wees! Jou prent is net so besonders en ons so bly jy scrap saam met ons. Gaan he nou Fun met die fun les :-).

mariki said...

Tog interessant hoe die "onrustige" gekom-en-gegaan van die see ons almal se onrus kan wegspoel -- dit blyk so duidelik weer hier!

Geniet julle saam-kreatiefwees.

Sandra said...

Mariki die see is een van my mees gunstelinge plekke om rustig te word. Dis waar ek die grootheid van Vader nog meer kan sien met die kom en gaan van die branders.

Charmaine said...

Ek kom laat en uitasem ook op die blad aan vir kommentaar want ek het ook laasjaar laas gerus. Die jaar het rof afgeskop, maar ons rus is in Vader... dis so waar