Saturday, January 10

Ons raak "wild" by die Wild Wadi

Een van Leo se versoeke was die waterpark en daarvoor het ons Dubai toe gery om die Wild Wadi pretpark te besoek. Natuurlik is dit 'n ver afstand vir die man en uit ondervinding weet ons hy vra elke 5 min "hoe ver nog", dus het ons hom vooraf gese dis 24 keer se "hoe ver nog" :-). Maar hy het nie omgegee oor die mis, koeler weer of enigiets nie, solank ons net waterpark toe gaan. Maar met die inkomslag voel die man aan sy lyf, dis nogal koud! Vir die wat nie weet nie, hierdie waterpark is net langs die baie bekende Dubai baken, die Burj Al Arab.Hier maak hulle reg om die kanaal na al die ritte te vat en dis maar ysig. William moedig aan. William en Leo saam op die "tube". Mens ry nou so al in die rondte en van die kanaal word jy "opgeskiet" na die ritte. Dis nou wat die kinders se want hierdie ma is te bang dat sy te swaar gaan wees om opgeskiet te word. Tussen ritte, hier kom Nelmari en Stella ook. En dan word hulle opgeskiet en weer afgeskiet by een van die ritte. Dit lyk asof hulle vreeslik skree ... Op die groot tube waarin hulle al vier sit ... kyk net daai mond. Ek het elke keer as hulle so in die rondte ry (vaar) Leo se laggie en gille gehoor. Weer rustig langs die kanaal af tussen die ritte en hierdie keer stoot Nelmari vir Leo. Die man vat 'n ruskansie ... ek hoop dis wat hy doen?!
Ek vra hulle om langs die boot te staan vir 'n foto en min weet hulle wat gaan gebeur. Kliek op die pyltjie en kyk. Nat na die emmer water en die tweetjies staan en bibber voor een van die watervalle. William kuier in die tidepool tussen die branders. Ek moes julle net wys hoe 'n abaja-swembroek lyk - toe van kop tot tone. Dit is 'n langbroek en lang rok wat van swembroekmateriaal gemaak is en dan nog met goud ook versier. Die kamera word ook onderwater "getoets".

Lyk darem asof dit werk.....
William probeer ook op die branders bo-bly en kry dit ampertjies reg.
Dan 'n paar ure later is dit verby en ons vat moeg die 24 keer "hoe ver nog" pad terug.

13 comments:

Anonymous said...

Ek wens ek kon na so plek gaan hier in bloemfontein want ek kry so warm!!! Sal maar hoop dis warm as ek bietjie kom kuier. William is duidelk beter met die branders as wat hy was toe ons die eerste paar keer gegaan het ook. En hy sink nie soos ek dadelik nie die onderkant toe nie.

Muriel said...

Jinne maar dis 'n mooi en lekker plek vir kinders!

Hierdie inskrywing is sooo goed gedoen, met die video's en foto's voel dit of ek daar was of is om in al die pret te deel!

Ek dink ek wil ook eerder daar by julle kom bly! Dis gans te boring hier by ons!!

Soos James sê dis so warm dat die kraaie gaap. Gelukkig het dit begin reën en mens voel sommer hoe die krag weer terug kom in jou ledemate! Ek weet nie of ek al ooit so warm gekry het nie!!

Sandra dis 'n baie cool kamera wat jy het wat onder water kan fotos neem!

Mooi bly!
x x

Thea said...

Oe dit lyk na baie pret!! Ek stem saam met Muriel - dis baie boring hier!! Ek dink ook ons moet soontoe trek! ;-)

Wie't so lekker gelag toe daai "tsoenami" die kinders tref? Was dit jy Sandra?

Ek kry maar net lag vir daai abaja-gedoente! Ai tog die klomp wat alles wil toemaak en dit dan nog met goud versier ook! Lyk omtrent soos 'n alien!! :-)

Anonymous said...

Dit lyk heerlik! ons wil ook nog gaan maar wag vir die regte tyd, so net voor die somer weer kom dink ek.

Lekker week

Anonymous said...

Hoe lyk dit seun gaan jy dit volgende keer 'n beurt gee om te probeer bo bly?

Verkies jy ook winter Muriel? Jy moet sien hoe geniet die grootmense hierdie park en daar is min mense wat in die son le, almal is altyd besig om op een van die ritte te ry. Ons het die onderwaterfoto's met een van hierdie mag-hy-tref-weggooi-kameras geneem!

Anonymous said...

Thea jong ek en William was omtrent histeries oor die water wat die kinders getref het - dat mens nou so lekker kry oor ander se "pyn".

Daai blou en goud abaja het meer aandag getrek as enigiets anders so ek weet nie presies wat die doel is daarvan nie :-)

Welkom terug Mariette!! Net voor die somer en voor dit te warm is, is 'n goeie tyd anders brand mens well-done.

Nimsi se Blog said...

Vra Willie my nou; waar is jy? Antwoord ek; saam met sandra hulle in die waterpark!Ek was nou werklik met my alles saam met julle daar. Die viseo's is uitstekend!
Nimsi

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Ek is baie trots op elkeen van julle wat die water aan gedurf het. Hierdie jaar voel die winter in die VAE net bietjie kouer as gewoonlik, dalk is dit omdat my 'tweeling' verwarmer nie meer deel van my is nie :-)

Bly om te hoor dat julle dié uitstappie so geniet het.

Sandra said...

Dankie Nimsi. Bly jy het saamgekuier :-)

Beatrix die water was koud en ja dis een van die kouer winters maar jy sal nog agterkom niks kom tussen kleintjies en water en pret nie :-)

Desire Fourie said...

Dit lyk na vet pret, maar hoekom sien ons nooit die fotograaf ook in die water nie? Mooi bly.

mariki said...

Waa(te)rlik vet pret gewees hierdie!

Sandra said...

Desire my eerste reaksie op daardie vraag is "Nie in hierdie leeftyd nie" :-). Ek's darem 'n bietjie op die video toe ek uit die water se pad wou kom :-)

Dit was Mariki net 'n bietjie koud.

Anonymous said...

HI Sandra

Ek is wollie van Durbanville CPT S.A.
Ek wil van 5 jan 2010 tot 9 Jan 2010 na wilde wadi toe gaan. kan jy my dalk help met die volgende as moontlik. Beste dag om te gaan in die week en weet jy dalk van goeie akomodasie in Dubai en is daar nog aktiviteite wat die kinders kan doen. Mieke 9 jaar en Thinus 7 jaar. Enige ander nice dinge om te doen. Ons gaan ski in Oostenryk. en oppad terug wil ons oorstop in Dubai. My e mail adres wollie@smartatm.co.za

Dankie. Julle foto's lyk baie mooi jammer ons kan nie jou gesien het nie.

Lekker dag daar

Wollie